Whatsapp in Brasilië geblokkeer as ‘straf’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Brasiliaanse hof het beveel dat die gewilde boodskapdiens Whatsapp van Donderdag vir 48 uur in die land geblokkeer sal word.

ʼn Hof in Sao Bernardo do Campo het selfoonnetwerkoperateurs beveel om Whatsapp te blokkeer as straf vir die maatskappy se beweerde weiering om hul samewerking in ʼn onverwante regsaak te gee, het Agencia Brasil op sy webtuiste berig. Dit is nie duidelik waaroor die dispuut gaan nie.

Die VSA-gebaseerde app word deur miljoene selfoongebruikers in Brasilië gebruik. Wêreldwyd is daar ongeveer 900 miljoen Whatsapp-gebruikers.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig dat Facebook WhatsApp vir $16 miljard (toe sowat R177 miljard) gekoop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

emma ·

Ek verlang na die dae sonder selfone. Toe kon jy nog rustig ontspan en vakansie hou sonder om alewig gesteur te word..

Peet Schabort ·

En Emma, ‘n gesogte item minder om van jou te steel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.