WhatsApp het Vrydag aangekondig hy gaan die deel van data uitstel nadat talle gebruikers, bekommerd oor privaatheid, van die Facebook-beheerde boodskapdiens gevlug en na mededingers soos Telegram en Signal gestroom het.
Die app, wêreldwyd ʼn reuse-sukses, het sy 8 Februarie-spertyd vir die aanvaarding van ʼn bywerking van sy bepalings – dat data voortaan met Facebook gedeel gaan word – opgeskort en gesê hy gaan die tyd gebruik om enige misverstande oor privaatheid en veiligheid uit die weg te ruim.
“Ons het van so baie mense gehoor oor hoeveel verwarring daar oor ons jongste bywerking is,” het WhatsApp in ʼn bloginskrywing gesê.
Die maatskappy sê hy sal mense eerder “geleidelik nader om die beleid teen hul eie pas te hersien voor nuwe sakeopsies op 15 Mei beskikbaar gestel word”.
Die bywerkings hou verband met hoe handelaars wat WhatsApp gebruik om met gebruikers te gesels, data met Facebook kan deel. Dit kan beteken inligting word gebruik vir geteikende advertensies.
“Ons kan nie jou private boodskappe sien of jou oproepe hoor nie en Facebook kan ook nie,” het WhatsApp vroeër benadruk.
“Ons hou nie boek van almal wat boodskappe stuur of bel nie. Ons kan nie jou gedeelde ligging sien en Facebook ook nie.”
Die inligting oor ligging en die inhoud van boodskappe is geënkripteerd.
“Ons gee sakeondernemings die opsie om ʼn veilige diens van Facebook te gebruik om WhatsApp-gesprekke met hul kliënte te voer, vrae te beantwoord en nuttige inligting soos kwitansies te stuur,” het WhatsApp gesê.
Tegnologiekenners sê WhatsApp se nuwe vereiste vir gebruik maak ʼn beleid wat sedert 2016 wyd gebruik word, nou wetlik bindend.
Facebook wil dit vir WhatsApp moontlik maak om geld met die app te verdien deur ondernemings toe te laat om gebruikers regstreeks te nader – wat dit ʼn natuurlike besluit vir die internetreus sou maak om sommige data op sy bedieners te sentraliseer.
Privaatheid kom eerste
Gebruikers se kommer oor privaatheid neem toe, met Uber wat byvoorbeeld benadruk dat ʼn verandering in app-bepalings wat op 18 Januarie in werking tree, niks te doen het met die deel van inligting nie.
Die getal mense wat Telegram gebruik het die hoogte ingeskiet ná WhatsApp se aankondiging, het die Russies gebore stigter Pavel Durov gesê.
“Mense wil nie meer hul privaatheid vir gratis dienste verruil nie,” het Durov gesê sonder om na sy mededinger te verwys.
Die geënkripteerde boodskapdiens Signal het ook ʼn beduidende toename in aanvraag gesien – aangehelp deur ʼn twiet-aanbeveling van die miljardêr-tegnologie-entrepreneur Elon Musk.
WhatsApp probeer nou om bekommerde gebruikers gerus te stel en het in Indië onder meer volbladadvertensies gebruik om gebruikers te verseker “respek vir jou privaatheid is in ons DNS gekodeer”.
Vinnige een probeer deurdruk toe loop dit verkeerd
As mense saam staan kan hulle tog iets reg kry teen die groot besighede
Ciao WA & FB & Twitt . Nie weer nie
As al die mense ook net van Facebook na MeWe wil oorskakel, dan kan ons dalk ook binnekort ontslae wees van hulle “Fact Check” en blokkering van wat hulle bestempel as “Regse” nuus
“Once bitten….twice shy!!!” Cheers WA, FB en al julle liars….gedink julle gaan die boere vang…..
Boere kan Afrikaans praat.
Boere? Nou praat jy van mense wat Afrikaans kan praat en trots is op die taal.
Dis goeie nuus, maar hierdie slinkse spul sal weer probeer. Volgende keer sal julle net meer agterbaks wees. Dit sal nooit stop nie.
Ek dink weer mense het totaal die dam onder die eend uitgeruk. En toe word daar massa paniek gesaai deur een video wat tien teen een deur whatsapp se kompetisie juis vir die doel opgestel is sodat hulle gebruikers kan werf.
Wel as jy jou foon wil beskikbaar stel om oorval te word met advertensies is dit jou keuse, maar baie mense (25 miljoen+ sover) soek dit nie so bly jy dan maar op die WA/FB dam
Tot jy oordonder word dan sien ons watter deuntjie jy gaan sing.
Wat nie waar is nie…messenger wat ook deel is van FB lees en delete outomaties sekere boodskappe wat mense vir mekaar stuur…ek as gebruiker wil nie aan gemanipuleerde inhoud blootgestel word nie…ek wil die reg voorbehou om self ongehinderd en sonder manipulering na inhoud te soek.
Kry genoeg gemorspos. Het nie nog nodig. Sal self soek wat ek wil kry, dankie. Was daar nie destyds ‘n wet afgekondig dat advertensies nie op jou afgedwing mag word, of bestaan dit ook nie meer?
Voetsek. Gesien wat julle en jul maatjies tydens die VSA verkiesing aanvang mbt sensor, “cancel” ens. Vertrou julle (s)linkse klomp niks!
Hul arrogansie het geboemerang. Ons het genoeg twak met mense wat ons telefoonnommers verkoop, het die nie nodig op ‘n gesels-platform óók nie.
Ek het my klaar van WhatsApp af gehaal is nou by mooija is graates geen internet noodig