WhatsApp terug op lug

Foto ter illustrasie. (Foto: Denis Charlet/AFP)

WhatsApp-gebruikers slaak ʼn sug van verligting nadat dié klets-app se funksies weer herstel het.

WhatsApp-gesprekke het Dinsdagoggend wêreldwyd vir ʼn wyle stilgeraak.

Duisende gebruikers oor die wêreld heen het dié onderbreking aangemeld en gekla dat hulle nie boodskappe kon stuur of ontvang nie. Die diens is egter sowat ʼn uur later herstel.

Dit is nog nie duidelik wat die onderbreking van die app se funksies veroorsaak het nie.

Volgens Downdetector, ’n platform wat webwerwe en platforms soos WhatsApp deurlopend dophou, het daar sedert vroeg vanoggend meer as 15 000 mense wat klagtes oor die skielike ontwrigting ingedien het.

Duisende mense het na sosiale media gestroom om uit te vind of dié ontwrigting ’n probleem is wat ander gebruikers ook ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sandra ·

Ja nee, wys jou hoe afhanklik mens eintlik is om met vriende en familie te kan chat op die toep

Moedeloos ·

Nie noodwendig nie. Fone is baie mense se kantoor en W/A is kommunikasie tussen personeel

Papsak ·

Ook nie eers agter gekom daar is fout nie want nooit op my foon nie nie so lief vir cellfoon nie is n pes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.