Bobbi Kristina Brown, die dogter van Whitney Houston en Bobby Brown, is Sondag in die ouderdom van 22 oorlede.
Bobbi Kristina se familie het langs haar bed in die hospitaal in Duluth, Atlanta in die VSA gestaan toe sy gesterf het. Sy is in Januarie bewusteloos in ʼn bad gevind en later in ʼn mediese koma geplaas.
“Sy is uiteindelik vol vrede in God se arms,” het die Houston-familie in ʼn verklaring gesê, berig die vermaaklikheidstydskrif ET. “Ons wil almal bedank vir die ongelooflike hoeveelheid liefde en ondersteuning die afgelope paar maande.”
Whitney Houston is in Februarie 2012 ook in ʼn bad dood aangetref. Sy was 48 jaar oud.
Dis tragies! Iets klink verskriklik verdag aan die omstandighede rondom beide Whitney en haar dogter se sterftes.