Wie gaan die volgende James Bond wees?

Daniel Craig as James Bond in “Skyfall” (Foto: MGM.com/JamesBond)

Met Daniel Craig wat die tuig neergelê het as James Bond in die laaste aflewering van dié fliekfranchise, No time to die, is die vraag op al wat ʼn 007-aanhanger se lippe: Wie gaan die volgende Bond wees?

Jare lank word al bespiegel oor wie Craig se opvolger in dié gesogte rol gaan wees, met sterre soos Sean Connery, Roger Moore en Pierce Brosnan wat al James Bond se blinkleerskoene volgestaan het.

Hier is ʼn paar moontlike opvolgers:

Tom Hardy

Tom Hardy. (Foto: Gregorio Binuya/Everett Collection/Facebook)

Tom Hardy vertolk dikwels die rol van die booswig en het in flieks soos The Dark Knight Rises, Venom en Mad Max: Fury Road verskyn.

Volgens die weddery-agentskap William Hill is hy tans aanhangers in Brittanje se stewige gunsteling om die volgende James Bond te wees.

Idris Elba

Idris Elba. (Foto: Dee Cercone/Everett Collection/Facebook)

Elba is bekend vir rolle in The Wire, The Suicide Squad en die BBC-reeks Luther. Hy het sosiale media aan die gons gehad toe hy in 2018 op sy profiele geskryf het: “My naam is Elba, Idris Elba”, sy eie weergawe van Bond se bekende slagspreuk. Hy het egter later bygevoeg: “Moenie die bohaai glo nie!”

Bond-vervaardiger Barbara Broccoli het herhaaldelik gesê die volgende 007 “hoef nie ʼn wit man te wees nie”.

Lashana Lynch

Lashana Lynch. (Foto: Facebook)

Broccoli het egter die moontlikheid van ʼn vroulike Bond uitgeskakel, en het aan Variety gesê: “Ek stel nie juis daarin belang om ʼn manlike karakter te vat en vir ʼn vrou te gee nie. Ek dink vroue is baie interessanter as dit.”

Dit keer egter nie die bespiegeling om Lynch, ʼn 33-jarige swart Britse vrou, nie.

Regé-Jean Page

Regé-Jean Page. (Foto: Jason Smith/Everett Collection/Facebook)

Die akteur het miljoene harte laat fladder in die Netflix-treffer Bridgerton, en dié Brits-Zimbabwiese akteur is nog ʼn gunsteling om die volgende Bond te wees.

Hy het aan die Amerikaanse geselsprogram-aanbieder Jimmy Fallon gesê: “As jy ʼn Brit is en jy doen iets wat jou bekendheid laat verwerf, begin mense die B-woord [met verwysing na Bond] gebruik.”

Tom Holland

Tom Holland. (Foto: Facebook)

Die Spiderman-ster Tom Holland het al laat hoor dat hy graag die rol van James Bond sou wou vertolk.

“As ʼn jong, Britse seun wat gek is oor flieks, sal ek mal daaroor wees om James Bond te wees. So, jy weet, ek sit dit net daar buite. Ek lyk nogal goed in ʼn snyerspak,” het hy aan Variety gesê.

Nog moontlikhede

Vogue het onlangs ʼn lys opgestel van sterk kandidate wat moontlik die rol van James Bond kan vertolk, onder meer die Henry Golding, Richard Madden en Peaky Blinders se Cillian Murphy.

Broccoli is egter uiters geheimsinnig oor wie uiteindelik die rol sal losslaan. “Jy kan slegs op een persoon op ʼn slag verlief wees. Vir nou kan ek aan niemand buiten Daniel dink nie,” het sy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cobus ·

Met enige van die aspirant 007 akteurs wat ons hier sien, kan hulle maar die laaste en finale 007 prent skiet waarin die held sterwe en nooit weer wakker word nie.

Belinda ·

klink soos n sepie lol… daai mense staan mos altyd uit die dood op.

Anoniem ·

Jislaaik Cobus. Ek wil net sê BAIE dankie vir die lekker lag. Jou kommentaar so geniet… :-)

Gerhard ·

Ek is Idris fan, maar, ek dink dat Jude Law, Henry Cavill of selfs Robert Pattinson self goeie 007’s sal maak. Ek groot 007 fan ook, het al ALMAL gekyk. Opgewonde oor wie vir Daniel gaan opvolg.

Jywilwat ·

Nie een van die akteurs wie se foto geplaas is, lyk vir my na ‘n ware James Bond nie. Soek maar verder.

Stephen ·

Wit mans is n spesie wat uitsterf en die haat van die linkse Hollywood “establishment”. Nie moeilik om te raai wie die nuwe JB sal wees nie.

KB ·

Dis dalk tyd vir ‘n nuwe tipe fliek. James Bond is nou klaar.

JohanR ·

Nee wat Tom Hardy miskien uit die lot, maar Tom Holland lyk net te jonk!

Pieter ·

Hou James Bond eie aan Ian Fleming se karakter. Anders kan hulle James Bond maar skrap.

Hondjie ·

Met 27 movies al uit van james bond.raak dit nou ni al bietjie oud ni.ek meen rerig een en twee opvolg films kan nog gaan maar dit nou al op 27 en almal kani james bond wesi iewers langs di pad moet di james mos op raak.

Elize ·

Ek pes James Bond flieke want hulle is meer duikers in die bed as in die water. Mors nie my tyd om hierdie gemors te kyk nie

Belinda ·

regtig, hoeveel van die movies wil hul nog maak? niks is ooit beter as die oorspronklike. ek sal maar pass op dit, dankie.
ek kan wel dink dat hul idris sal gebruik sodat dit nie n rasistiese ding word nie, jy weet…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.