Wie gaan Turkye regeer?

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Argieffoto: http://galleryhip.com/

’n Ramp het die Islamitiese konserwatiewe regeringsparty in Turkye, die Geregtigheid-en-Ontwikkelingsparty (AKP), getref. Die AKP het gemeen om in die afgelope parlementsverkiesing ’n tweederde-meerderheid te behaal, maar sal nie eens die helfte van die sitplekke in die parlement kan volmaak nie.

Nietemin het Ahmet Davutoglu, die APK se partyhoof, dié party voor duisende Turke as die groot wenner beskryf.

Die APK wou die land se grondwet verander en die president meer magte gee – iets wat nie meer moontlik sal wees nie aangesien die Koerdiese minderheid in Turkye meer as voorheen begin saamstaan. Die pro-Koerdiese HDP het 13% van die stemme verkry.

Dit hou onder meer in dat pres. Recep Tayyip Erogan se AKP nie sy eenpartyregering sal kan voortsit nie en na ’n koalisievennoot sal moet soek. Eers dan sal daar sekerheid kan wees oor wie Turkye werklik regeer.

Sirri Önder, een van die partyleiers van die HDP, het die uitslag van die verkiesing beskryf as ’n oorwinning vir demokrasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gideon Roos ·

Dit is goed om te sien dat mense wel nog hulle stemme iewers in die wêreld gebruik. Nou moet ons net dieselfde hier doen en die ANC uit die regering kry voor daar nie meer ‘n regering oor is nie. Dit is hoog tyd dat die familie besigheid wat as die ANC regering bekendstaan tot ‘n einde kom. Ek is seker Suid Afrika is die enigste land waar ‘n party vir 20 jaar nog net sy eie belange dien, en die land stadig afbreek tot dit in duie stort, en steets keer op keer ‘n oormeerderheid stemme kry. Dit sê iets oor die mense wat stem…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.