Wie is die 16-jarige Linda Wentzel van Isis?

isis

Argieffoto.

ʼn 16-jarige meisie van Duitsland wat onlangs van haar huis weggehardloop het om by die Islamitiese Staat (Isis) aan te sluit, is lewend onder die puin en rommel van Mossoel gevind ná ’n geveg om die stad van Isis te bevry.

Die meisie, wat intussen as Linda Wentzel geïdentifiseer is, het ʼn jaar gelede van haar huis verdwyn ná sy deur een van haar Facebook-vriende, ’n Tsjetsjniese man en lid van Isis, oorreed is om haar by hom aan te sluit en sy bruid te word.

Toe die stowwerige Linda uit die puin gehaal is, het sy ’n erg ondervoede baba by haar gehad, en hoewel sy die baba styf bly vashou het, was dit nie duidelik of dit haar baba was nie. Daar was ook sowat 20 ander vroue, almal lede van die terreurgroep, by haar. Sommige van die vroue het glo selfmoordbomme gedra en masjiengewere by hulle gehad.

Linda was reeds ’n geruime tyd ’n bekeerde Moslem en goed gebreinspoel voor sy na Irak uitgewyk het. Sy het blykbaar sielkundige skade gely toe haar ma by ʼn skoolopsigter gaan intrek en haar alleen tuis gelos het.

Sy was volgens bronne ʼn skerpskutter vir Isis, en het volgens haar eie aansprake verskeie Irakese soldate in die geveg gedood. Haar man, ook ʼn Isis-lid, het in die geveg omgekom.

Sy was ná haar gevangeneming aanvanklik hardkoppig, en het enige hulp van haar gevangenemers geweier. Sy is na Bagdad oorgeplaas, en onder Duitse diplomatieke toesig geplaas terwyl sy in aanhouding bly.

Volgens die jongste berigte, wat nie meer melding van ’n baba maak nie, is Linda nou bitter spyt oor wat sy gedoen het, en wil sy graag aan Duitsland uitgelewer word om na aan haar gesin te wees.

Haar ouers is ook intussen na Bagdad onderweg. Teoreties kan Linda die doodstraf opgelê word as sy deur Irak verhoor word. Dieselfde lot staar vier ander Duitse vroue in die gesig.

Heelwat vroue en jong meisies van Duitsland en ander Westerse lande het reeds na Isis se kalifaat uitgewyk. Baie van hulle is van Arabiese herkoms. Heelwat het na hul lande teruggekeer, ander het gesneuwel, en baie word vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marisa ·

Pierre, ons weet sy is van Duitsland. Maar hoekom moet ons juis van HAAR weet. Daar is derduisende soos sy wat deur ISIS gewerf word.

Rudie Thirion ·

Ai tog, hoe bloos ek nou – “neem”, nie “naam” nie

Ai ·

Duitsland stap dieselfde pad as al die ander sekulere Europese lande. Iets sal altyd die vakuum vul wat oorbly nadat Christenskap verwyder is. In die geval is dit Islam.

Karen ·

Onthou ASB alle lede Vd Islam geloof is nie lede van ISIS nie,net so is lede van ISIS nie noodwendig Islamiete nie

Cherokee ·

Karen, ek het nog nooit ‘n nie-isis-moslem gehoor ISIS kritiseer nie en ek weet nie of jy reg is wanneer jy sê dat sommige lede daarvan nie moslems is nie tensy hulle bloot huursoldate werf.

Ander Annie ·

Dit is baie hartseer dat die jonge kind in hierdie situasie is. Hierdie gaan ‘n moeilike saak wees. Ek hoop haar jong ouderdom sal in haar guns tel.

G@tvol vir die arme bloedjies ·

Die feit dat sy jonk is hoop ek geensins gaan enigiets te make hê met hopelik die doodstraf nie. Sy het n n volwasse besluit geneem om weg te hardloop van die huis af. Sy het n vollwasse besluit geneem om n vuurwapen op te tel en mense dood te skiet, soos sy self erken het. Sy het n volwasse besluit geneem om aan te sluit by n alombekende terreur groep. Dit was n volwasse besluit om die moslem geloof te aanvaar. Nou dat sy gevang is wil sy kan aanspraak maak, en mense gaan dit uitbasuin dat sy so jonk is, op versagting tov n jong ouderdom? Ek hoop regtig hulle gee haar n volwasse vonnis soos bv. die doodstraf.

Laat bloei eerder jou hart vir die mense wie se lewens sy verwoes het.

Ons land is waar hy is as gevolg van “arme bloedjies”…

Mike ·

Sy het van die huis af weggeloop omdat haar ouers geskei het en dit was te veel vir haar jong gemoed.Baie hartseer.Ouers besef nie wat se skade hulle kinders aandoen nie.

Grotman ·

16 jaar oud tel nie. Sy het moord gepleeg en daarom moet sy as volwase persoon verantwoording doen. Vroeg ryp, vroeg vrot.

Chevy ·

Sy het die verkeerde besluit geneem en moet dus vervolgens die gevolge daarvan dra punt.
Volgens haar eie aansprake het sy soldate vermoor dus moet sy haar straf kry.

Rudie Thirion ·

Herman, die Engelse hardloop van die huis af weg. Ons Afrikaanssprekendes is nie so haastig nie. Ons loop weg.

Marina ·

Die kind se ma moet sommer toegesluit word. Syt die kind alleen toegesluit en gewaai op n jong ouderdom. Neem ha nie kwalik dat ha koppie ha gelos het nie…

Coena ·

Op 18 jaar is ek deur my regering “ontvoer” om moord te gaan pleeg op die grens. Ek is gebreinspoel om te glo dat die Russe die vyand is en die wêreld in ‘n bloedlose oorlog gaan oorneem. Nou al julle ingeligtes wat met soveel ervaring praat, ons het maar almal groenkoring op die land. Moenie te gou oordeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.