Wie wen die oorlog teen terreur?

'n Skare kom op 11 September 2015 by die 911-gedenkterrein in New York byeen Foto: NYPD, Facebook

‘n Skare kom op 11 September 2015 by die 911-gedenkterrein in New York byeen Foto: NYPD, Facebook

Dit is vandag die veertiende herdenking van Al Kaïda se aanslag op die VSA toe die Wêreldhandelsentrum se Twin Towers onder meer in puin gelê is.

Hoewel Al Kaïda toe reeds bekend was weens onder meer aanvalle op Amerikaanse teikens in Oos-Afrika, het die aanvalle as ʼn groot sielkundige skok gekom, maar sedertdien, so lyk dit, word Al Kaïda op die nuusagtergrond gedruk deur ’n nóg gevaarliker radikale Islamitiese beweging, die Islamitiese Staat, of te wel die IS.

Op die veertiende herdenking het die peilingsagentskap, Rasmussen, syfers gepubliseer oor of Amerikaners meen die VSA en sy bondgenote is besig om die stryd teen terreur te wen. ’n Skokkende 43% meen die terroriste wen, en net 25% meen die VSA en sy bondgenote is aan die wenkant.

Die laaste keer wat meer Amerikaners geglo het die VSA en bondgenote rook die pyp, was in April 2014. Sedertdien was die terroriste deurgaans sielkundig aan die wenkant.

In Julie 2011 het 52% van die Amerikaners nog geglo die VSA en bondgenote is aan die wenkant, en net 13% het gemeen die terroriste kom die beste daarvan af.

As in gedagte gehou word dat ’n terreuraanslag grootliks sielkundig is eerder as om die staat fisies omver te werp – dit is eers vir later meer konvensionele fases geoormerk – dan is die IS en Al Kaïda loshande aan die wenkant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

DAAN ·

EK WEET DAT DIT WAT EK GAAN SE GAAN BAIE MENSE SE VERWYSINGS RAAMWERK UITDAAG. AS JY JOU HUIS WEK DOEN SAL JY SIEN DAT 9/ 11 WAS ‘N INSIDE JOB. JAMMER OM JOU UIT JOU DIEP SLAAP WAKKER TE MAAK. EK SAL DIT NIE WEER DOEN NIE.www.whatreally happened.com

Peet Schabort ·

Wat vir my opvallend was is die aantal videokameras wat op verskillende plekke die aanslag afgeneem het. Nie slegs dit wat gebeur het maar ook die aanloop van die gebeure. So asof daar soos in ‘n rolprent vooraf geweet is wat en waar dinge gaan gebeur en daar stelling ingeneem was om dit op te neem. Vir my het dit destyds gelyk soos ‘n fliek.
Was dit per toeval ?

Jacques ·

Ek het nie geweet daar is nog mense wat glo dat die twin towers deur terrorists gedoen is nie. Die bewyse is dan so groot dat alles deur hulle goverment self beplan is om n rede te kan he om afganistan te kan aanval. Snaaks nou kom 90% van die wereld se heroine van Afghanistan.

Fanie ·

Asseblief mense! Julle sameswerings-teorieë is ‘n verleentheid vir ander Maroela lesers. Netnou dink mense Maroela lesers is almal sonder kennis van sake!

Eduard ·

DAAN ek kan nie glo wat jy skryf nie waar kom jy aan daai snert jys a verleentheid vir ons lesers

Rudi ·

Julle lot met julle samesweringsteorieë. Dis lekker om te speel dat jy baie slim is, maar komaan, word ernstig.

Tom ·

Net omdat dit n ‘sameswering’ is beteken dit nie dat dit nie waar is nie.

shane ·

ja dit was Amerika…oh nee wag dit was die Jode…oh nee wag dit was ruimte wesens! Asseblief mense! Die hoogste bome vang die meeste wind! Amerika gaan natuurlik baie vyande hê want hulle is betrokke op elke continent. As julle regtig iets interessant wil lees, gaan doen navorsing oor die Shmita (ook Shemita) jaar. Kyk maar, op elke een van die shmita jare het daar ‘n katastrofiese event plaas gevind. 9/11 inkluis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.