WikiLeaks se Assange in Londen aangekeer

Polisiebeamptes begelei WikiLeaks-stigter Julian Assange in Londen (11 April 2019) (Foto: @DailyDOOH/PA via AP)

Die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, is Donderdag uit die Ecuadoriaanse ambassade in Londen gedwing en in ʼn Britse-polisievoertuig weggeneem.

Dit kan moontlik tot ʼn hofstryd lei oor pogings om hom aan die VSA uit te lewer om tereg te staan op aanklagte wat verband hou met die publikasie van tienduisende geheime regeringsdokumente.

Die Britse polisie het Assange in hegtenis geneem ná die Suid-Amerikaanse land besluit het om die politieke asiel te herroep wat byna sewe jaar gelede aan hom toegeken is. Ecuador se president, Lenin Moreno, het gesê hy het dié stap gedoen weens “herhaaldelike oortredings van internasionale konvensies en daaglikse lewe”.

Die departement van justisie in Amerika het Assange daarvan beskuldig dat hy met Chelsea Manning saamgewerk het om by ʼn geklassifiseerde regeringsrekenaar by die Pentagon in te breek. Dié aanklag is bekend gemaak ná Assange in hegtenis geneem is.

Assange se prokureur het vroeër gesê sy kliënt is van voornemens om enige aanklagte van die Amerikaanse regering teen te staan.

Assange het in 2012 toevlug gesoek in die ambassade ná hy in Engeland vrygelaat is op borgtog terwyl hy aan Swede uitgelewer sou word op aanklagte van seksuele aanranding. Dié aanklagte is intussen teruggetrek.

Britse polisie het Donderdag gesê Assange is in hegtenis geneem op aanklag dat hy sy borgtogvoorwaardes in Engeland oortree het en die versoek van die lasbrief vir sy inhegtenisneming van die VSA.

Moreno het gesê Ecuador is nie meer bereid om beskerming te bied aan Assange nie. Ander Ecuadoriaanse beamptes in Quito het ondersteuners van WikiLeaks en twee Russiese kuberkrakers daarvan beskuldig dat hulle poog om hul land te destabiliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Wanneer ‘n persoon sy land se geklassifiseerde geheime dokumente uitlap (en daarna nog boonop windgat is daaroor) is hy ‘n lanfsverraaier en pleeg hy hoogverraad. Hulle moet hom lank tronk toe stuur….

David ·

Assange is ‘n burger van Swede – die VSA het niks met ander lande se burgers uit te waai nie.

So, as die VSA mense verhoor in die geheim en tientalle jare gevangeniskap oplê, ek kry dalk toegang tot dié geklasifiseerde bewyse, is dit OK dat interpol my kom optel en ek in die VSA verhoor word daarvoor?

Die burokrate is alle behalwe engeltjies.

Phillip Groen ·

Die “geheime”wat hy uitgeblaker het is hulle MISDADE en veral die gepleeg in Irak. Met jou redenasie moet niemand die fluitjie op die kriminaliteit van die ANC regering na die lig bring nie.

Onder die dekmantel van “staatsgeheime”pleeg regerings misdade wat hulle dan probeer wegsteek. Sodra hulle hul misdade wil wegsrteek KLASIFISEER hulle dokumente…

Albatros ·

Ek stem saam met Phillip. Die hoogverraad kom nie van Assange nie, maar eerder die wat deur die publiek toe vertrou was om die regte ding te doen. Hulle is die skuldiges hier.

Zumie ·

Johan…. die tyd is verby om oningelig en onskuldig te wees …… as jy dit nog nie agtergekom het nie – die moderne staat het sy burgers se grootste vyande geword en mense wat hulle geheime onderduimshede deur politici en amptenare openbaar is aan jou kant …… Ons het meer mense nodig wat die magtige staat se onderduimshede openbaar …. wys my op enige werklike dokument wat Assange geopenbaar het wat die VSA se veiligheid aantas (soos planne vir hule kernmissiele ens) Ek is nie van mening dat iets vir hulle veiligheid nodig is omdat hulle so SE nie. “Geheime dokumente” word meestal net gebruik om dinge weg te steek…onthou nog “weapons of mass destruction”?

Johan ·

As hy ‘n Sweedse burger is wat Amerikaanse geheime dokumente onwettig gekry en openbaar gemaak het, is hy beslis ‘n spioen. Mens spel dit net anders.

gatiep ·

Ou maat hy het meer beteken vir wereld as wat jy ooit sal besef.
UK goverment=gangsters

JWC ·

Assange het gedoen wat hier ook onlangs in die kleine gebeur het en Zuma help verwyder het (verw Jacques Pauw)…. Assange het die hele vrot nes blootgelê…. Sodoende het die korrupte Clintons , Obama (en die Bush lot!) se gemorstery aan die lig gekom… Ek hoop daar is nog heelwat meer van sy soort – veral hier. Let ook op dat hy die korrupsie, valsheid en bedrog van regerings uitgelig het. Moenie te gou oordeel nie….

Johanna ·

As dit nou nie vir die Zondo kommissie of die Mokgoro kommissie was nie ……..

Roberto Betta ·

Who would have thought that transparency is a crime.

Janneman ·

Transparency will always be a crime under a tyrannical regime

Piet ·

Nuwe wêreld mode. Sluit fluitjieblasers op – en skuldiges plunder net voort!

JohanL ·

Assange is sover my kennis strek ‘n Australiese burger en het daar grootgeword. Hy het wel Ecuador burgerskap wat hy gekry het terwyl hy in Ecuador ambassade geskuil het.

My opinie – ek dink hy is ‘n fluitjieblaser in die klas van Snowden en presies dieselfde as die persoon wat agter die Gupta-Leaks sit (van waar het Gupta-Leaks sy naam gekry – WikiLeaks!!). Al verskil is ons weet nog nie wie agter GuptaLeaks sit nie – terloops baie geluk aan hom/haar. Daar is seker ‘n verskil tussen Snowden (VSA burger wat VSA geheime laat uitkom het) en Assange (nie-VSA burger wat VSA geheime laat uitkom het).

Maar dit is mense wat die moed van oortuiging gehad het om die wereld se aandag te vestig op die onderskepping van elektroniese inligting en uitruil daarvan – gaan kyk bietjie na wat die Five Eyes is en die UKUSA ooreenkoms. Ek self respekteer Assange vir sy moed van oortuiging. Rakende sy sogenaamde oortredings in Swede – wel hy is seker onskuldig tot skuldig bewys. Dit is ‘n ander aanklag en storie.

Jammer dat Ecuador hom so in die wolf se nes (Britte is lid van UKUSA) uitgegooi het.

Ronnie ·

Daar is net een klag teen Assange gelê. Verskoon die Engelse aanhaling: Conspiracy to Commit Computer Intrusion.
Hy word nie aangekla vir die publisering van inligting nie, want dit is nie teen die wet nie. Die klag is dat hy na bewering Chelsea Manning gehelp het om ‘n kodewoord te kraak sodat sy toegang kon kry tot die inligting waarin hy belanggestel het.
Indien die Britte Assange uitlewer op grond van hierdie klag, mag daar volgens internasionale reg geen ander klagte later bygevoeg word wat verband hou met sy Wikileaks bedrywighede nie.

Allan ·

@Johan – werklikwaar, jy KAN nie so swak inngelig wees nie, Onmoontlik. Lees Phillip en Zumie se komentaar 50 keer deur asb.

Ek sien Killary, sorry Hillary is in ekstase oor die inhegtenisname – min wettend dat hy teen haar gaan getuig. Donald sal hom gebruik om haar en die ander Cabal lede tronk toe te stuur vir ‘n lang tyd (“drain the swamps”)

DewaldS ·

Deesdae se ‘joernaliste’ is meesal ‘paid shills’ – betaalde propaganda-makers vir hoofstroom-media en vir die moderne ‘warlord’ wat die media besit en wat dit gebruik om ‘consent to war’ te bewerkstellig en om die massas oningelig te hou.

Waar is die ware joernaliste? Hulle moes vandag op elke voorblad en in elke straat beswaar geprotesteer het – al is dit net om hulle laaste bietjie selfrespek te probeer beskerm.

Donker dag vir die wêreld…. 1984 in amper elke opset…

Dries du Toit ·

Wil dr Leopoldt scholtz en Herman Toerien nie vir ons bietjie navorsing oor hierdie artikel skryf nie asb MM

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.