Will Smith sê jammer oor Oscars-klap

Will Smith het die Oscar vir beste akteur gewen. Hy het tranerig om verskoning gevra nadat hy die komediant Chris Rock op die verhoog geklap het oor ‘n grap wat hy gemaak het oor Smith se vrou, Jada Pinkett Smith. (Foto: Robyn Beck/AFP)

Die akteur Will Smith het op sosiale media om verskoning gevra vir die petalje tydens die 94ste jaarlikse Oscar-toekenningsgeleentheid wat die wêreld aan die praat het.

Smith, wat kort na die voorval vereer is met sy eerste goue beeldjie vir sy rol in die fliek King Richard, het Sondagaand die komediant en akteur Chris Rock ʼn klap gegee op die Oscars-verhoog omdat dié ʼn grap oor sy vrou, Jada Pinkett Smith, gemaak het.

Rock was op die verhoog om die beeldjie vir beste dokumentêr uit te deel. Hy het na Pinkett Smith, wat ʼn kaalkop weens haar stryd met alopesie (ʼn immuunsiekte wat haarverlies tot gevolg het) het, gewys en ʼn grap gemaak oor die 1997-fliek G.I. Jane.

Demi Moore het destyds opslae gemaak toe sy haar lang, donker lokke afgeskeer het vir die hoofrol in dié fliek.

Smith het Maandag op Instagram gesê sy gedrag was “onaanvaarbaar en onverskoonbaar”.

“Geweld in al sy vorme is giftig en vernietigend. Grappe wat met my die spot dryf, is deel van die werk, maar ʼn grap oor Jada se mediese toestand was net te veel vir my en ek het emosioneel gereageer,” het Smith geskryf.

“Chris, ek wil in die openbaar vir jou om verskoning vra. Ek het onvanpas opgetree en ek was verkeerd. Ek is verleë en my dade is nie sprekend van die man wat ek wil wees nie. Daar is geen plek vir geweld in ʼn wêreld van liefde en goedheid nie.”

Hy het ook weer om verskoning gevra aan die Akademie, wat die Oscars-geleentheid aanbied, nadat hy Sondagaand tranerig tydens sy bedankingstoespraak ook gesê het hy “hoop die Akademie nooi hom weer terug [na die Oscars]”.

Will Smith klap die komediant Chris Rock op die verhoog tydens die Oscars-geleentheid. (Foto: Robyn Beck/AFP)

“Ek wil ook om verskoning vra aan die Akademie, die vervaardigers van die program, almal wat die geleentheid bygewoon het en almal wat wêreldwyd gekyk het. Ek wil ook graag om verskoning vra aan die Williams-familie en my King Richard-familie. Ek het diep berou dat my gedrag ʼn klad gelaat het op wat andersins ʼn pragtige reis vir ons almal was.”

King Richard handel oor Richard Williams, pa van die tennissterre Venus en Serena, en hulle reis na tennissukses.

Smith het Sondagaand in sy toespraak gesê Williams was ʼn “heftige verdediger” van sy familie.

“Kuns boots die lewe na. Ek lyk nou soos die gekke pa, net soos wat hulle gesê het oor Richard Williams. Maar die liefde laat jou vreemde dinge doen.”

Smith se verskoning op Instagram kom ure nadat die Akademie sy gedrag veroordeel het en gesê het dit oorweeg moontlike sanksies.

“Ons het amptelik ʼn formele ondersoek oor die voorval van stapel gestuur en sal ingevolge ons verordeninge, gedragskode en Kaliforniese wetgewing verdere stappe doen,” lui ʼn verklaring deur die Akademie.

Will Smith en sy vrou, Jada Pinkett Smith. (Foto: Facebook)

Talle bekendes het ook heftig op Smith se uitbarsting gereageer – terwyl sommige sy gedrag verdedig het, het ander dit veroordeel as ʼn vertoning van “toksiese manlikheid”.

Los Angeles se polisiedepartement het intussen aan Variety gesê Rock het die geleentheid om ʼn formele klag teen Smith te lê van die hand gewys.

Rock het ook nog nie in die openbaar kommentaar gelewer oor die voorval nie.

Bykomende bronne: AFP, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

krodedil ·

Jy kan nie iemand klap as jy nie hou van wat hy sê nie al is dit hoe persoonlik. Dink net jou klapvoos sou die ANC ministers gewees het as ons begin klappe uitdeel want niemand stem saam met wat hulle sê nie. Alles het perke en Will Smith het die perk oorskry. Hy gaan ‘n groot prys betaal vir daai klappie. Ek dink ook sy Hollywood dae is getel.

Ilze ·

Hy het die Oscar verdien met daardie “vertoning”. En die snot en trane na die tyd.

Twallie ·

Mense verstaan hierdie hele storie verkeerd. Dis nie persoonlik nie. Rock het nie Smith se vrou aangeval nie. Dis deel van die Oscars en die Golden Globes. Hulle noem dit “Roasting” en dis hoekom hulle komediante kry om seremonie meesters te wees. Hulle grap met almal.

Ricky Gervais het talle jare vanaf 2010 die Golden Globes ding gedoen en almal het deurgeloop onder sy skerp tong. Dis deel van die hele seremonie en word verwag.

Smith het kinderagtig opgetree. Eers gelag en toe hy sien sy vrou wip haar, toe wil hy opspring en kaartmannetjie wees.

Punt is, dit was ‘n grap, en hulle moes verwag hulle kan dalk deurloop. Ek is seker dis nie die eerste keer wat hulle so ‘n geleentheid bywoon nie.

Don Rickles was bekend vir wat hulle noem “insult comedy” vanaf die 50’s tot sy dood in 2017. Selfs Ronald Reagan het onder sy tong deurgeloop en lekker gelag.

Die mense moet oor hulself kom.

Louise ·

Dit is nie die punt nie, jy doen eers navorsing van die mense wat daar sal wees veral met so ‘n geleentheid en maak nie ‘n bespotting van iemand se siekte nie, dit is boelie.

Sandra ·

Ek stem heeltemal saam. Hy het na die klap vir sy vrou gekyk, seker om haar goedkeuring te sien. Sy is ‘n aktrise. Sy moes haar nie gewip het, en haar oe gerol het nie. Will Smith het gedink dis snaaks en toe heeltemal van posisie verander toe hy sien sy wip haar. Ek dink dis baie goed van Chris Rock om nie ‘n klag te le nie. Maar ek dink die Akademie se mense gaan dit nie daar laat nie.

Louise ·

As jy of een van jou kinders ook ‘n siekte het en iemand maak ‘n bespotting van dit in die openbaar waar almal dit kan hoor en sien sal dit dan ook OK wees, of is dan ook maar net ‘n simpel grap, ek dink nie so nie

Twallie ·

Dit sal alles afhang van hoe en waar dit gebeur. Daar is ook ‘n hengse verskil tussen ‘n bespotting maak en bloot skerts.

Ek het ‘n sin vir humor en laat nie dat nonsens my onstel nie. En as dit snaaks is, is dit snaaks en gaan ek lag.

Die lewe is te kort om die heeltyd suur te wees en my oor alles te wip.

madels ·

N grap is nie n grap wanneer jy n grap oor iemand se swakhede of siekte n grap maak nie. Will moes hom nog harder geklap het dat hy nooit weer sy mond moet gebruik om te sê wat hy gesê het nie.

Swerwer ·

Will Smith jy het reg opgetree. Die komediant/e moet sy/hul perke ken.

bfree ·

Dink daar is meer agter die klap… mens ontplof nie net oor een grap wat geen grap was nie…

dit was opgeboude woede…

Alta Alleman ·

Was en is nog nooit n aanhanger van Will Smith nie. En die flieks wat hy maak is verveeld verby!!

Klaar me Maroela ·

Vermy dit dan.
Al ooit “The Pursuit of Happyness” of “Concussion” gesien?
As jy nie van Sci-Fi hou nie, sal ek glo MIB verveel jou, maar die stories is goed en die humor is nie “slap-stick”.

Chantel ·

Soooo dis maar okay om die spot te dryf met enige iemand, dis GEEN manier van boelie nie. TWAK man, my man sou presies dieselfde opgetree het. Dis so maklik om spottery af te maak as niks, dis SWAK. Ons leer dan ons kinders om nie ander te spot nie, dis ‘n vorm van boelie, so wat het Chris dan gedoen. Dis nie asof hy kan sê hy het nie geweet van haar siekte nie, sy het dit lank reeds publiek bemaak. SWAK SMAAK. Hy moes seker sy woorde gebruik het soos wat die wêreld ons wil wys maak, dis hoe mens boelies behandel. Ek het geen simpatie met Chris nie. en hetsy dit deel wat van die hele Oscar script was, is dit swak smaak van hulle af.
Dis asof hulle boelie gedrag regverdig. Moet nie vir my vertel jy as mens keur hierdie goed nie. Sit jou in daai man se skoene.

Twallie ·

Net snaaks dat hy eers gelag het tot hy gesien het sy vrou wip haar. Toe wil hy gaan klappe uitdeel.

Twallie ·

Daar is ook ‘n groot verskil tussen ‘n bespotting maak en bloot net skerts.

Ek dink dis wat mense nie verstaan nie. Komediante skerts, hulle spot nie.

Maar dit hang seker af van jou sin vir humor vlak. Dis verskillend vir almal. En ek is ‘n Afrikaner, en ek dink ons mense vat alles te ernstig op en is vinnig om alles as ‘n bespotting te sien.

Soos die Ingilsman sê: “Lighten up, people.”

Klaar me Maroela ·

Ek verstaan “Grappies” en ek verstaan “Roasting”.
Ek verstaan nie spot met iemand se siekte toestand nie. Dit is boelie gedrag.

Ricky Gervais en al die hansworse na hom, het weggekom daarmee omdat hulle die grense geken en gerespekteer het.

As die Akademie hulle sterte in ‘n krul wil ruk omdat iemand (in die geval Will Smith) hulle swak keuse vir ‘n aanbieder kritiseer (CR), is hulle welkom. Will Smith se loopbaan en inkomste word gelukkig bepaal deur die algemene publiek se opinie en ondersteuning (lees $$$) van sy talent. (Netto $350 milj.)

Chris Rock (Netto ±$70m) sal hierna nie naastenby dieselfde sukses smaak wat hy tot dusver gehad het nie: “mark my words”. Hy het te ver gegaan. In die huidige era van “Back the underdog-ALWAYS” maak jy nie aanmerkings oor iemand se mediese toestand nie. Sy het nie gekies om Alopecia te kry nie. As sy haar hare afgeskeer het vir BLM of ‘n ander nuttelose politieke saak, sou hy daarmee weggekom het , DAN was dit snaaks.

Twallie ·

Ricky Gervais het nie ‘n veer gevoel nie. Party van sy grappe was erger en hy sê reguit hy gee nie ‘n duit om nie. Hy sê in baie van sy standup dat jy met enigiets kan grap. Gaan kyk gerus van sy dele met die Golden Globes.

En die rede is omdat hy suksesvol is op sy eie en nie op Hollywood leun nie. Die Britse komediante is baie erger as Chris Rock as dit kom met die spot dryf.

Op die einde van die dag was dit ‘n grap. Ek is seker Chris Rock, en ek is nie ‘n aanhanger nie, want ek vind hom glad nie snaaks nie, het nie bedoel om haar te boelie nie. Party mense sal lag, ander gaan dit persoonlik opneem. Hang seker af van hoe diep die stok sit.

Jada het dit persoonlik opgeneem, en haar man het eers gelag tot hy gesien het dit onstel haar.

Mense is geneig om ‘n berg van ‘n molshoop te maak en op die einde van die dag is hulle almal ‘n spul bedorwe miljoeners met te veel “self importance”.

Wielspore ·

Hierdie is niks anders as ‘n storm in ‘n koppie wat veroorsaak is deur growwe humor en oor sensitiewe gedrag. Die Amerikaners is meer regte bewus as wat hulle verantwoordelik bewus is, hulle sinne begin meestal met: me, myself and I.

Misky ·

Baie swak grap van Chris Rock gewees. Snaaks genoeg het Smith eers gelag vir die grap en toe hy die uitdrukking op sy vrou se gesig sien, toe pla dit hom en spring hy daar op.

Ian ·

Gits dit is nou interessant al die kommentaar en die upvotes vir en teen te lees. Om iemand te spot oor n siekte toestand is nie roasting nie en ek voel hy kon eerder n ander grappie gemaak het en Will Smith het nou wel uitgelok gevoel en het verdedigend opgetree maar aanranding is aanranding. Dit gese hulle moet dit maar uitsort op hulle manier. Ek voel net jy kry n kans om te se ek is jammer en die leidende party kan dit aanvaar en dit is daar gelaat ons noem dit sommer net volwasse. Nie een van die twee was reg in hul handeling nie.

Ilze ·

Alhoewel ek glad nie saamstem met hoe Will die situasie aangespreek het nie, kan ek met die man “saamstem”. Ek het al buite myself van woede geraak in die oomblik, met ‘n sekuriteitswag se optrede. Ek is nie so ‘n persoon nie.

Frank John ·

Hier’s my stuiwer in die beurs. Will moes kalm gebly het of homself in toom gehou het dan kon hy, as hy voel sy vrou is beledig, ‘n saak deur die hof van naam-skending of iets teen die mannetjie gemaak het. Maar nou staan hy self in die plek om aangekla te word vir agresiewe aanranding. Kalm bly in alle omstandighede is die weg.

Frank ·

Die Smith perd kan in elk geval nie toneelspeel nie. Koebaai.

Kleintjie ·

sit jouself in will se skone? as iemand jou vrou so gaan spot? gaan jy dit nie verloor nie? dit gaan oor respek vir jou vrou en staan by haar en besklerm haar. My man sou dieselfde gedoen het.Jy spot nooit oor iemand se siekte nie.Het hulle gevra om siek te word? Will se reaksie was verkeerd ja maar Chris rock sn was onvanpas. ons is groot mense. ons is suppose om n voorbeeld te wees vir ons kinders. is dit wat ons ons kinders leer? om mense wat baie siek is en wat kan doodgaan te spot? nee dis totaal verkeerd.

AH ·

Chris Rock het duidelik nooit geleer dat mens nié met siekte of gebrek spot nie!! Daar is niks op aarde om dit te regverdig nie! As jy dan swak grappe moet maak, doen dit oor iets wat iemand kan beheer soos kleredrag of gedrag…..My man sou welliswaar ook daardie klap uitgedeel het!

madels ·

Of iemand jou nou klap met die plat hand of jou klap met die tong.. wat is die verskil? Meer wonde en skade word aangerig deur die tong as fisiese geweld. Ek stem nie met een van die tipe geweld saam nie maar ek saluut vir Will dat hy opgestaan het vir sy vrou. N man moet sy vrou beskerm teen enigiets wat haar waardigheid skade doen. Te min mans doen dit vandag ongelukkig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.