Wimbledon gekanselleer

Novak Djokovic van Serwië (14 Julie 2019) (Foto: @Wimbledon/Twitter)

Die Wimbledon-tennistoernooi is Woensdag gekanselleer weens die koronavirus (Covid-19)-pandemie. Dit is die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat dié tennistoernooi nie sal plaasvind nie.

Die All England Club het ná ʼn noodvergadering aangekondig die toernooi sal nie in 2020 voortgaan nie. Wimbledon sou tussen 29 Junie en 12 Julie op die klub se grasbane aan die buitewyke van Londen plaasgevind het.

Die volgende toernooi is geskeduleer vir 28 Junie 2021 – 11 Julie 2021.

Die eerste toernooi is in 1877 gehou en vind jaarliks plaas, buiten die tydperk 1915 – 1918 (Eerste Wêreldoorlog) en 1940 – 1945 (Tweede Wêreldoorlog).

Talle groot sportgeleenthede is reeds gekanselleer vir 2020, onder andere die Olimpiese Spele in Tokio.

Die Amerikaanse Ope sal na verwagting steeds in New York plaasvind tussen 31 Augustus en 13 September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.