Wit Zim-boer kry sy plaas terug

640px-Zimbabwe

Zimbabwiese vlag Foto: Neelix, Wikimedia Commons.

ʼn Wit Zimbabwiese boer wat in Junie met vuurwapens van sy plaas af verwyder is, is gesê hy kan binne dae na sy eiendom terugkeer.

Dit word deur sommige beskou as die eerste tekens van ʼn post-Robert Mugabe-regering wat by sy beloftes hou om landbou-eiendomsregte te respekteer.

Rob Smart, ʼn 71-jarige boer van die oostelike distrik van Rusape, het gesê hy verneem sy saak het tydens ʼn beleggerskonferensie in Johannesburg onder die aandag van die nuwe pres. Emmerson Mnangagwa gekom wat van Smart se gewelddadige verwydering van sy plaas gehoor het.

“Mnangagwa het glo daarvan gehoor en was behoorlik ontstoke,” het Smart telefonies aan Reuters gesê. Hy het gesê die nuwe provinsiale staatsminister, het hom verseker die uitsetting sal teruggetrek word. “Ons nuwe goewerneur kry ons nou terug op die plaas.”

Volgens destydse mediaberigte is Smart en sy familie, onder wie twee jong kleinkinders, vroeg in Junie saam met talle werkers deur polisiebeamptes gewapen met AK47-gewere en traangas van hul Lesbury-plaas afgeskop. “Hulle het met gewere en traangas gekom – dit was nie net ons nie, dit was ook al ons werkers, die hele kampong,” het Smart gesê.

Maroela Media het vroeër berig Mnangagwa het saam met die weermag gewerk om in November beheer van Harare oor te neem wat uiteindelik daartoe gelei het dat die 93-jarige Mugabe, ná 37 jaar as staatshoof, bedank het. In die tweede helfte van sy termyn aan bewind het Zimbabwe se ekonomie ineengestort, veral ná gewelddadige en chaotiese grondgryping van duisende wit boere se kommersiële plase onder die voorwendsel van post-koloniale grondhervorming.

Nadat Mugabe bedank het, is Mnangagwa, voorheen sy adjunk, as president van Zimbabwe ingesweer. Chris Mutsvangwa, leier van die land se oorlogsveterane, en Monica Mutsvangwa se eggenoot, is nou ʼn spesiale raadgewer vir Mnangagwa. Chris het gesê Mnangagwa het dit duidelik gemaak dat die nuwe administrasie ernstig daaroor is om die oppergesag van die wet en die heiligheid van eiendomsregte te herstel.

“Grondhervorming is verby. Nou wil ons inklusiwiteit hê. Alle burgers wat op grond van geboortereg ʼn eis op grond gehad het, wil ons laat voel dat hulle behoort en ons wil ʼn nuwe land bou, want hierdie ekonomie is aan skerwe,” het hy aan Reuters gesê.

Smart het gesê hy werk saam met die owerhede in Rusape wat opdrag gegee is om sy gesteelde en geplunderde eiendom op te spoor om toe te laat dat hy en sy werkers kan terugkeer na die plaas en weer met hul bedrywighede kan voortgaan.

“Ons gaan ʼn Kersfees hê sonder enige versierings in ʼn huis wat bietjie leeg is. Maar geestelik gaan dit ʼn blêddie goeie een wees,” het Smart gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Francois le Cochon ·

Om dit op die mees eenvoudigste manier te stel, hoe meer rykes in ‘n land, hoe meer werksgeleendhede word geskep. So eenvoudig soos dit, As jy van die rykes vat, of veroorsaak dat hulle die land verlaat, verminder jy terselfde tyd werksgeleenthede.

Ferdie Oosthuizen ·

Sten volkome saam met Francois – mooi opgesom in een sin ……..

Flippie ·

Francois van waneer af is voete “rykes”. Rykes skep nie werk nie. Entrapeneurs skep werk of hulle nou ryk of arm is. Ek is arm en skep werk vir vyf mense. Ek Boer op 1 hektaar. Verder verdien my werkers meer op ‘n , 4dag weeks week meer as my ” ryk” bure se werkers oor 6 dae.
Maak seker van jou feite voordat jy wilde stellings maak. Jy hoef nie ryk te wees om by te dra tot die ekonomie nie!

ferdi ·

Ek hoop dat Zimbabwe word di rykste land in Africa en dat wit en swart saam di land nog beter maak as voorheen Ons vir jou Zimbabwe

honourable member ·

Dis wonderlike nuus. Ons kan maar net hoop en bid dat Zim weer suksesvol gaan wees en dat almal gaan voordeel trek.

Ruby ·

So krokodil het nie geweet van die grondvergrype tydens sy adjunk amp hmmm…….

Ek kan myself net indink dat die plaas geplunder en verniel is. Gaan Rob Smart vergoed word om sodoende kapitaal te hê om alles weer van “scratch” af op te bou?

Ek sou nie my voete weer daar gesit het nie, waar is hulle “boere” om hul mense kos te gee?

Hoop hierdie is ‘n les vir baie in SA, jy verjaag en moor nie die kosmandjie nie!

Marie ·

Ruby jy praat waar. Hoe kon hy nie weet van die grondvergrype nie.

Christine ·

Dis flippen goeie nuus om dit te hoor, ons ouer mense heg baie waarde aan dit waarvoor jy vir jare gewerk het, ek hoop julle kry als terug en alle voorspoed dit kan net ‘n aanwins vir Zim wees.

Ferdie Oosthuizen ·

Sten volkome saam met Francois – mooi opgesom in een sin ……..

Johann Marx ·

Gaan Mnangagwa ook die Sherwood Plaas wat HY by ‘n boer afgevat het sonder vergoeding terug gee? Ek hoop so….dan kan Zim herstel, en hulle geld-eenheid terug bring en versterk tot 1Zim dollar vir ‘n VSA dollar………en dan ek ook aftree met my 450 triljoen Zim Dollars wat ek het!!!

Fantabulous ·

Stem saam Ruby. Dit wat jare terug in Zim gebeur het is wat die EFF en ANC in SA doen. Knak die land, die Boere, die Ekonomie en sodra die grond opgevoeter is na jare wil hulle die Boere terug he om kos te produseer. Lande vat jare om kwaliteit vars produkte te lewer. Laat Zim ‘n voorbeeld wees van wat besig is om in SA te gebeur as grond net weggevat word. Staan eetder saam en probeer die land opbou alle gemeenskappe. Daar is goed en sleg oral om ons maar deur saam te staan kan verandering tot voordeel van die land bewerkstellig word. Alle sterkte aan Boere wat terugkeer na Zim.

Antonie ·

Hoop BLf neem kennis…..hulle gaan nie meer so baie aftrek kry nie …

Johnnie ·

Ek hoop net dat al die wit boere wat al vroeer van hul plase verjaag is dat hulle weer hul plase gaan terug kry sodat hulle vir die klomp kan wys sonder wit boere sterf n land, hoop Malema en BFLF leer daaruit met hulle dom uitsprake.

Vryheid ·

Klink my almal vertrou die duiwel in skaapsklere …. nadat hulle als verwoes het wil hulle dit nou teruggee. Jy moet jou kop laat lees as jy dink jy wat blank is het reg op eiendom in Zim.

Anna-Marie Labuschagne ·

Gee om weer te neem? Wil nie negatief klink maar hy was deel van die kliek om boere te verneder en te verwyder. Nou wil hulle weereens die ekonomie opbou met boere se hulp tot hulle nie meer nodig is nie. Hoeveel boere is vermoor waar die moordenaars nie verhoor is en Mugame reguit bekend gemaak het hy haat wittes en niemand sal tronk toe gaan vir hulle moorde nie. Waar was hy toe? Hy het erken hy het wit boere nodig om die ekonomie te help herstel. Eis eerder vergoeding vir jul verliese.

Marisa ·

Net deur die asynsuur en verbitterde opmp-en aanmerkings van sommige mense te lees laat mens verstaan waarom wit en swart nooit mekaar sal begryp of sal kan saamwerk vir ‘n beter toekoms nie. Wantroue en afbrekende houdings sal daar maar altyd wees. Wees bly oor die posititiewe veranderings in Zim. Die nuwe president moes ook maar net opdragte uitvoer in die ou Zim soos so baie apartheidswerkers se verweer was in SA.

PJC ·

Hierdie klink te goed om waar te wees. Sal maar moet sien wat gebeur. Dink nie ń mens moet sommer enige iets wat in Afrika gesê word sommer glo nie. Die geskiedenis het dit mos nou al oor en oor bewys.

landbouer ·

Leer ons ooit? dat beloftes leeg is in Afrika – sou dit nie so gewees het nie, waar is die 70% swart boere dan heen in Afrika en dit geld vir Zimbabwe ook – hoeveel is reeds verwilder en vermoor? Heelwat swart vroue wat boere is, is ook van hul plase af verwyder, nie net blankes nie, gaan doen maar soektog hieroor “landgrabs in Africa” – word wys. Dis nie negatief nie, dis realiteit, het ook in 2011 in Mosambiek gebeur, hulle wag net tot jy mooi alles in plek het dan is dit maar weer alle hartseer van vooraf. Stamp ‘n donkie sy toon altyd teen dieselfde klippe?
Sterkte aan die boere wat dit weer wag, maar eerder op ‘n ander plek oor begin voor hulle weer dieselfde doen en nog meer hartseer oor julle bring.

foefie ·

En alles kan ‘n foefie (vals vlag) poging wees om blankes weer daar te kry sodat daar voortgegaan kan word waarmee hulle besig is – vertrou nie die kastige vredeshandjies nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.