Withuis ontruim ná man oor heining spring

Die Withuis. Foto: Facebook

Die Withuis. Foto: Facebook

Die Withuis is Vrydagaand ontruim nadat ʼn man oor ʼn heining geklim het en tot binne die gebou beweeg het voor hy aangekeer is.

President Barack Obama en sy gesin was nie in die Withuis ten tyde van die voorval nie, maar amptenare en joernaliste is onmiddellik uit die gebou ontruim. Obama en sy gesin het minute voor die voorval per helikopter na Camp David vertrek vir die naweek.

Brian Leary, woordvoerder van die Amerikaanse geheime diens, het die verdagte geïdentifiseer as die 42-jarige Omar Gonzalez van Texas. Gonzalez was nie gewapen nie.

“Gonzalez het beamptes se bevele geïgnoreer en is by die North Portico-deure van die Withuis in hegtenis geneem,” het Leary gesê.

Volgens Leary is Gonzalez na die George Washington-hospitaal geneem vir ʼn mediese evaluering nadat hy van borspyn gekla het.

Leary het sy kommer uitgespreek oor die feit dat die verdagte eers in hegtenis geneem is toe hy reeds in die Withuis was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.