Woede ná teregstelling sonder medialede plaasvind

Quintin Jones is ter dood veroordeel vir die moord op sy tante in 1999. (Foto: AFP / Texas Departement van Justisie)

Anti-doodstraf-aktiviste in Texas, VSA, is woedend nadat ’n gevangene Woensdag sonder die teenwoordigheid van mediagetuies tereggestel is.

Owerhede het glo van ’n dekade lange gebruik afgewyk toe hulle nagelaat het om lede van die media na die teregstelling van Quintin Jones (41) te nooi. Jones is ter dood veroordeel vir die moord op sy tante in 1999.

Tronkowerhede het sedertdien om verskoning vir dié “growwe fout” gevra en die skuld op ’n kommunikasieblaps tussen amptenare gepak.

“Daar is nooit ’n besluit geneem om mediagetuies te ontbied nie. ’n Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel wat gebeur het,” sê Jeremy Desel, woordvoerder van die departement vir misdaadgeregtigheid in Texas.

Helen Prejean, ’n Katolieke non, het die voorval in ’n inskrywing op Twitter as “kommerwekkend” bestempel. Prejean se stryd teen die doodstraf het bekendheid verwerf toe dit in die Oscar-bekroonde rolprent Dead Man Walking omskep is.

“Alle teregstellings in Texas moet onbepaald (verkieslik permanent) uitgestel word, hangende die ondersoek oor waarom mediagetuies nie tydens Jones se teregstelling teenwoordig was nie.”

Volgens die Death Penalty Information Centre (DPIC) het Texas sedert 1982 al 570 teregstellings uitgevoer, meer as enige ander staat in Amerika, en dit is die eerste keer dat mediagetuies nie by verrigtinge ingesluit is nie.

“Die media is letterlik mense se oë en ore in die teregstellingsproses – ’n kernfunksie wat hulle al jare lank vervul,” sê Robert Dunham, direkteur van DPIC.

Hy beskryf die voorval as “uiters kommerwekkend”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Nou hoekom.wil hulle.dit do graag bywoon. Wie wil nou sien hoe iemandctereg gestel word.

Patch

Wat kan dan nou so “uiters kommerwekkend” wees? Ek kan nie verstaan waarom daar media teenwoordig moet wees tydens ‘n teregstelling nie. Is die wêreld so gierig vir kommentaar tydens iemand se teregstelling dat die media hul “oë en ore” moet wees. Waarom nie net die familie (en miskien die slagoffer se familie) toelaat nie? Miskien is daar iemand wat my kan inlig waarom media so belangrik is by ‘n teregstelling.

Tanniepetoors

Wat wil die media daar gaan soek? Sensasie? Verfoeilik.

fs

nou rerig nou…. kry hul ‘n kick daaruit om te sien hoe iemand “uitgesit” word? Ek is 100% vir die doodstraf vir sulke oortredings maar wat die hel het dit met die media te doen….in my opinie moet hul nie eers jare op “deathrow” wees nie.. sodra alle regsprosesse gevolg is en hy / sy is steeds skuldig – execute onmiddelik – no mess no fuss! en die publiek hoef nie vir jare die krimineel te onderhou in die tronk… baie beter dinge om met die geld te doen…

Aikie

Daar het die staat van Texas nou ‘n lat vir sy eie agterent gepluk. Die media is nou kwaad omdat hulle nìe “sensasie” kon wek nie, dus het die staat van Texas hulle van’ n moontlike bron van inkomste ontneem. Dis nou eintlik hoekom hulle opgewonde raak. Net soos wat seks enigiets kan verkoop, kan sensasie in die media ‘n klomp moola inhark en dit is om van siek te word.
Die man was skuldig bevind deur sy gelyke burgers (peers) laat hulle hom dan teregstel en klaarkry. Dit is nie nodig om’ n sirkus daarvan te maak nie.