Coca-Cola loop steeds deur nadat sy oënskynlike opleiding aan werkers – waarin hy hulle onder meer vra om “minder wit” te probeer optree – laat verlede week aan die groot klok gehang is.
Sosialemediagebruikers het in hulle massas uitgevaar nadat skyfies van die beweerde interne diversiteitsopleiding aanlyn gedeel is.
Talle mense het reeds aangedui dat hulle Coca-Cola weens die opleiding nou vaarwel gaan toeroep.
???????????? BREAKING: Coca-Cola is forcing employees to complete online training telling them to "try to be less white."
These images are from an internal whistleblower: pic.twitter.com/gRi4N20esZ
— Karlyn supports banning critical race theory in NH (@DrKarlynB) February 19, 2021
MailOnline berig skyfies van die opleiding het soos ʼn veldbrand versprei nadat ʼn sogenaamde fluitjieblaser wat vir die koeldrankreus werk, dit gedeel het. Talle mense beskuldig die maatskappy nou van omgekeerde rassisme en het selfs ʼn beroep op werkers gedoen om diskriminasie-sake teen Coca-Cola aanhangig te maak.
Die berig lui voorts dat die skyfies oënskynlik deel vorm van ʼn 11 minuut lange video getiteld Confronting Racism with Robin DiAngelo. DiAngelo is ʼn skrywer en konsultant en voer volgens MailOnline aan dat selfs wit mense met goeie bedoelings meedoen aan rassistiese strukture, tensy hulle aktief optree om “nie-rassisties” te wees.
Can you imagine the outrage if Coca Cola gave a presentation that said “be less black”?!
So why is it ok when they say “be less white”?
(It’s not – both are racist)
— Rogan O’Handley ???????? (@DC_Draino) February 22, 2021
Volgens een van die skyfies beteken “minder wit” onder meer om minder onderdrukkend, arrogant en selfversekerd te wees, om minder op die verdediging en oningelig te wees, nederig te wees en weg te breek van wit solidariteit.
Nog een van die skyfies voer aan navorsing wys dat kinders teen die ouderdom van drie of vier jaar oud verstaan dat dit “beter is om wit te wees”.
MailOnline berig Coca-Cola het bevestig dat hy die video op sy LinkedIn-leerplatform gelaai het, maar hou vol dit is nie deel van die maatskappy se verpligte leerplan nie.
“Ons gaan voort om na ons werkers te luister en ons leerplanne op ʼn gepaste manier te verfyn,” het die woordvoerder gesê.
Hoewel talle mense woedend was oor die inhoud, het ander die spot gedryf met Coca-Cola.
Oh look… you have memes! pic.twitter.com/pmMnWYupCf
— jennifer (@IcePrincess010) February 22, 2021
Hey .@CocaCola, I'm not sure how to be less white however I do know how to drink LESS coke!
Y'all should be ashamed…. pic.twitter.com/LfXtlB4Pve
— ???????????? 867-5309 ???????????? (@American_Jen) February 22, 2021
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
51 Kommentare
Geen probleem as die nie blanke werkers dan gevra word om asseblief “less black” te wees……
Drink al lankal nie meer die gemors nie
CocaCola sucks. Ek drink dit nie eers nie.
Moes self al deur twee “diversiteit’ werkswinkels sit; altwee se boodskap was maar presies dieselfde dat ek ‘n belediging in die werksplek is vir elke persoon wat Christen\blank\’straight’\getroud is. Dan die grootbaas wat na die tyd opstaan en hulle bedank daarvoor en met ‘n reguit gesig hierdie blatante diskriminasie in die werkplek bevorder.
Nog nooit in my lewe Coke gedrink nie! Sal sommer die ander Coca-Cola produkte ook uitsny, baie ander en gesonder opsies beskikbaar!