Woede oor Facebook-nuusverbod in Australië

(Foto: Damien MEYER/AFP)

Die Australiese regering het Facebook skerp gekritiseer oor sy besluit om ʼn nuusverbod vir gebruikers in die land in te stel.

Van Donderdagoggend af kan Australiërs nie skakels na nuusartikels plaas of die Facebook-blaaie van plaaslike en internasionale nuusblaaie sien nie.

Facebook en ander tegnologiefirmas het skerp gereageer op Australië se voorgestelde wetgewing waarvolgens tegnologiemaatskappye gedwing sal word om publikasies vir hul inhoud te betaal.

“Facebook is verkeerd. Facebook se optrede is onnodig en dit sal sy naam hier in Australië skade berokken,” het Australië se federale tesourier, Josh Frydenberg, gesê. Hy het benadruk dat die regering voortgaan met die wetgewing wat laat Woensdag deur die huis van verteenwoordigers goedgekeur is en nou voor die senaat is vir goedkeuring.

“Wat vandag se gebeure wel vir alle Australiërs bevestig, is die enorme markmag van hierdie digitalemedia-reuse,” het Frydenberg gesê. “Hierdie digitale reuse is baie, baie groot in ons ekonomie en in die digitale landskap.”

Frydenberg se kritiek kom net ure nadat hy in ʼn twiet gesê het dat hy ʼn “opbouende gesprek” met Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, gehad het.

Verskeie nooddienste en regeringsdepartemente se Facebook-blaaie, wat gebruik word om lede van die publiek te waarsku oor Covid-19-uitbrekings, bosbrande en siklone, word ook geraak.

ʼn Woordvoerder van Facebook het gesê amptelike regeringsblaaie moet nie hierdeur geraak word nie en dat dit reggestel sal word.

Elaine Pearson, direkteur van die Human Rights Watch Australië, het die verbod as ʼn “kommerwekkende en gevaarlike wending” bestempel. “Om ʼn hele land se toegang tot lewensbelangrike inligting in die nagtelike ure af te sny, is gewetenloos,” het sy gesê.

Mediagroepe en die Australiese regering het ook hul kommer uitgespreek dat die versperring van geverifieerde nuusbronne dit moontlik maak om verkeerde inligting te versprei.

Volgens Facebook het hy geen ander keuse as om die nuusverbod in te stel nie. “Die voorgestelde wet verstaan die verhouding tussen ons platform en uitgewers wat dit gebruik om nuusinhoud te deel, fundamenteel verkeerd,” het William Easton, Facebook-bestuurder vir Australië en Nieu-Seeland, gesê.

“Dit het ons voor ʼn harde keuse gestel: probeer om ʼn wet na te kom wat die werklikheid van hierdie verhouding ignoreer, of om nuusinhoud op ons diens in Australië nie meer toe te laat nie. Met ʼn swaar hart het ons laasgenoemde gekies.”

Volgens Australië se mededingingswaghond kry Google $53 vir elke $100 wat aan aanlyn advertensies bestee word, Facebook kry $28 en die res word gedeel wat beteken die media word ontneem van inkomste wat nodig is om joernalistiek te ondersteun.

Die situasie speel ook tans in ander dele van die wêreld af waar tegnologieplatforms toenemend druk ondervind om inkomste met nuusmedia te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bernard ·

Toenemende fascisme in aksie. Histeries snaaks dat ‘n Jood wil maak soos Hitler se volgelinge!

Anoniem ·

My vorige antwoord gaan bes moontlik nie geplaas word nie, so kom ons probeer iets anders. Wie beheer die wêreld se geld?

Piet Snot ·

Hulle begin hul mag wys. As ‘n privaatmaatskappy vir ‘n regering begin voorskryf, verstaan een vd twee die verhouding verkeerd.
As daai regering daarvoor val, verstaan beide dit verkeerd.

Mariana ·

Mark Zuckerburt dink lankal hy is die kat se snor, dis tyd dat hy leer dat hy nie almal kan manipuleer nie.

Karel Kobus Kruger ·

Ek het nog nooit eens vir n sekonde oorweeg om Facebook of Twitter te gebruik nie, maar hier is ek aan Facebook se kant. Enigiets om n regering in die bek te ruk. Ongeag watter land se regering. Ek is nogal redelik anti regering. Regerings doen erger dinge as Facebook en Twitter.Hoop Facebook wen die geveg.

Eltan ·

Dit is maar net nog n maklike manier vir n regering om maklik geld te maak sodat dit in n bodemlose put kan verdwyn….
En ja dit is nou wel Australia se regering…maar wys my een eerlike politkus en ek wys vir jou n hok vol hoenders met tande…

JohanR ·

Kan my 88000 vriende op Facebook my asseblief dadelik bel. Ek mis julle ouens! In Engels se mens ” not to worry, the backlash is coming!”

llen ·

Die Regering het absoluut niks met besigheid uit te waai nie, Google en Facebook is reg, bogger enige regering wat dink hulle beheer elke aspek van ons lewens, hulle is staats amptenare wat ONS moet dien, nie ons hulle nie.

Petrie ·

Facebook is nie die vark in die verhaal nie. Dis die koerante wat geld van Facebook wil hê om hulle links te plaas.
Facebook word gratis aan die publiek verskaf. Niemand betaal 5 sent om Facebook te gebruik nie. Dis Rupert Murdoch en sy regering wat wil geldmaak. Noudat Zuckerberg hulle afsny nou is almal op Facebook se rug. Twak man. Dis daai greedy Australians wat hulle eie neuse afgesny het.

Stephen ·

Wereldwyd wil die Liberale hulle wil afdwing. Zuckerberg en Zoros in dieselfde bed saam met Gates en die Clintons.

Robert ·

“Verskeie nooddienste en regeringsdepartemente se Facebook-blaaie, wat gebruik word om lede van die publiek te waarsku oor Covid-19-uitbrekings, bosbrande en siklone, word ook geraak.”
Geen van die dienste behoort van Facebook gebruik te maak maar eerder hul eie webwerwe. Common sense eintlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.