Woede oor massagrafte, liggame in strate in Oekraïne

Talle liggame is in die strate van Bucha aangetref na Russiese troepe onttrek het (Foto: RONALDO SCHEMIDT/AFP)

Minstens 57 liggame is in ʼn massagraf in die dorp Bucha buite die hoofstad Kiëf, wat onlangs deur Oekraïense magte van Russiese troepe herower is, gevind.

Die massagraf is agter ʼn kerk in die middedorp. Oekraïne het Russiese magte van ʼn “doelbewuste bloedbad” in Bucha beskuldig.

Bewyse van moontlike moorde op burgerlikes rondom Kiëf het na vore begin kom namate die Russiese weermag uit die hoofstad en ander dorpe teruggetrek het.

AFP-verslaggewers het Vrydag minstens 20 lyke, almal in burgerlike drag, in ʼn enkele straat in Bucha aangetref.

Die Oekraïense president Wolodimir Zelenski het Rusland daarvan beskuldig dat hy volksmoord pleeg.

Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo, het gesê die moorde op burgerlikes in Bucha is gruwelik.

“Dit is ʼn brutaliteit teen burgerlikes wat ons vir dekades nie in Europa gesien het nie, en dit is afgryslik en dit is absoluut onaanvaarbaar,” het Stoltenberg aan CNN gesê.

Die strate van Bucha is met puin besaai (Foto: ARIS MESSINIS/AFP)

“Dit is die werklikheid van wat elke dag aangaan solank Rusland se brutaliteit teen Oekraïne voortduur,” het Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake, gesê.

Duitsland het die moorde op burgerlikes in Bucha as ʼn “verskriklike oorlogsmisdaad” veroordeel en gevra vir nuwe EU-sanksies teen Rusland.

Olaf Scholz, Duitse bondskanselier, het gesê daar moet lig gewerp word op die Russiese weermag se beweerde misdade teen burgerlikes. Hy het bygevoeg dat die oortreders aanspreeklik gehou moet word en dat internasionale organisasies toegang tot die streek verleen moet word om “hierdie gruwels te dokumenteer”.

Brittanje het ook versoek dat die “afskuwelike dade” as oorlogsmisdade ondersoek word.

Die Franse president Emmanuel Macron het die “ondraaglike” beelde van vermoorde burgerlikes in Bucha veroordeel en gesê Russiese owerhede “moet verantwoording doen vir hierdie misdade”.

“Honderde burgerlikes [is] lafhartig op straat vermoor,” het Macron op Twitter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Grassie

Daar is ‘n oorlog aan die gang. Op grond waarvan word die dood van gesneuweldes nou as oorlogsmisdade beskou?

Pim die Skim

Dis baie hartseer dat so baie burgerlikes met hulle lewens moes betaal omdat Biden ‘n chemiese-oorlogwapenslaboratorium in samenwerking met Oekraïne in Oekraïne bedryf. Hierdie tragedie lê suiwer op die diefpresident en Oekraïnsese president se skouers.

Bushy

Catch 22. Die wereld se leiers moedig dan die publiek aan om wapens op te neem en verskaf Dan inderdaad ook vryelik wapens aan hulle. Feit is dat die Russe alhoewel hulle krimenele is Dan nie kan onderskei tussen werklike vyandelike soldate en die onskuldige publiek nie. Nie net Putin maar leiers soos Borris, Biden en Emmanuel ens… is ook indirek verantwoordelik vir hul aanhutsing van die publiek en die aldus dood van lede van die publiek. Deurdink mooi wat Ek Se voor n thumbsdown down of negatiewe kommentaar. Die waarheid maak seer maar feite is feite.

Riaan

Dis snaaks hoe kort die mensdom se geheue is oor die 2 nasies. Rusland en Oekraïne was beide deel van die Soviet union. Hulle albei was betrokke by die fabrikaat van Cassinga se opslae, onderandere. Daar het die media dit ook uitgebeeld asof daar massa moord gepleeg is. Toe was die boef net iemand anders gewees. Ongelukkig weet slegs die lyke wat daar lê wat die waarheid is.

Darkwing Duck

En steeds staan SA apaties teenoor die menseslagting.