Woedende Verstappen wys Hamilton kru teken

Die Red Bull-jaer Max Verstappen. (Foto: Mark Thompson/Getty Images/AFP)

Humeure het ook oorgekook terwyl die temperatuur op die baan tydens die tweede oefensessie vir die Amerikaanse Grand Prix al hoe verder gestyg het en Max Verstappen na sy medejaer Lewis Hamilton as ʼn “onnosel idioot” verwys het.

Wêreldkampioen Hamilton het Verstappen die josie in gehad nadat hy aan die binnekant van die Nederlander verbygeglip het.

Verstappen is ses punte voor Hamilton in die bestuurderskampioenskap.

Nadat die Mercedes Verstappen byna van die baan af gestamp het, het die Nederlander padgegee, sy regterhand van die stuurwiel gelig en met sy middelvinger na bo na die agterkant van Hamilton se motor beduie.

Verstappen het op die spanradio gekla dat Hamilton ʼn “onnosel idioot” is. Dit het nie gelyk of hy heeltemal weer sy selfbeheersing kon terugkry nie en hy het eindelik die agste vinnigste tyd opgestel.

Red Bull se spanhoof, Christian Horner, was kalmer.

“Hulle was besig om in die ry te val om die ronde te begin en Lewis het besluit om Max daar verby te steek,” het Horner aan die Britse Sky TV uit die kuipe gesê.

“Daar is ongeskrewe reëls in sessies soos hierdie en dit is dat hulle beurte maak. Max het uitgewys dat hy eerste in die ry was.”

Verstappen het nie weer ʼn gaping in die verkeer gekry om nog ʼn ronde te jaag nie.

Mercedes se Britse jaer Lewis Hamilton waai tydens ‘n vorige wedren in Turkye vir die skare. (Foto: Umit Bektas/AFP)

Hy was egter nie die enigste woedende jaer nie.

Nikita Mazepin se motor is byna teen die kant getref deur ʼn jaer wat die kuipe verlaat het.

“Wat was dit? Het nou net ʼn botsing vermy,” het die Rus gesê. “Man, dit is onmoontlik om ʼn ronde op hierdie baan te kry.”

Ná die sessie, met sy valhelm af maar sy masker steeds aan, was Verstappen meer versigtig.

“Net ʼn gemors met die verkeer,” het hy gesê voordat hy duidelik uit die veld geslaan oor die voorval met Hamilton gepraat het.

“Ons was almal in ʼn ry om vir ons rondes te gaan, so ek verstaan nie regtig wat daar gebeur het nie.”

Die middag was minstens nie ʼn algehele mislukking vir sy span nie en Red Bull se Mexikaanse jaer, Sergio Perez, was die vinnigste met ʼn tyd van 1 min 34.946 sek.

Lando Norris van McLaren was 0.257 sekondes stadiger as Perez in die tweede plek.

Hamilton se tyd, wat die vinnigste sou wees, is geskrap weens ʼn oortreding. Hy lê nou in die derde plek voor spanmaat Valtteri Bottas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Zombie ·

Om die berig saam te vat: Persoon A het vir persoon B sy middelvinger gewys.

Anton ·

Lewis kan nog ‘n honderd wedrenne wen, hier sien mens hoekom hy nooit Schumacher sal wees nie :-)

piet ·

Verstappen ook definitief nie. Ek weet nie van episodes waar Schumacher lelike tekens aan ander jaers gewys het nie. Swak gedrag, die jongman sal moet leer om ‘n beter verloorder te wees en sy emosies in toom te hou. Lyk maar vir my na ‘n “hot head”.

MakersMark ·

Meer integriteit en sportmanskap in Schumacher se pinkie as die blm profeet se hele wese.

Shakespeare ·

Min mense verstaan vingertasl maar dit wat gebeur het kan die hele wêreld verstaan.

ONTPS ·

Lyk my Hamilton is ‘n onaangename ou, hy glo hy moet ALTYD eerste wees omdat hy dink dat hy die beste is en veroorsaak konflik sovêr hy gaan. Al die ander renjaers het gewoonlik ‘n skewe woord oor hom te sê

piet ·

Al die renjaers? Ek weet meeste jaers het die grootste respek vir hom siende dat hy so suksesvol is maar daar mag dalk ‘n paar jaloerses ook wees.

MakersMark ·

Verstappen kan waarskynlik nie die gedrag verstaan nie. Selfde met ‘n soweto taxi drywer – niemand weet wat hy volgende gaan doen nie…….en wat dit ookal is dit sal ander op die pad in gevaar stel.

Natasha ·

Hamilton is ‘n arogante klein snob wat sonder enige integriteit jaag. Hy gaan nog iemand se dood veroorsaak!

JohanR ·

Het al lankal besluit ek sal eers veer Formula1 kyk die dag dat die arrogante en onkundige Hamilton ge#Voertsak het! Ek kyk nou maar die Binder broers,

Jacobus ·

Die teks op LH se oorpak weerspieël alles behalwe sy karakter!

Petrie ·

Stem saam met Verstappen. Lewis is ‘n arrogante mannetjie. Hou niks van hom nie al wen hy nog 100 kampioenskapsbyeenkoms. Nog minder can ‘n “fan” na sy knielery.

piet ·

LOL. Jy moet wakkerslaap boetie. Hamilton het nie verniet al meer as 100 wedrenne gewen nie.

MakersMark ·

Verstappen sal meer wen in sy loopbaan. Sien daar is geen “stop racism” en blm sêgoedjies op Verstappen se kar aangebring nie. Rassisme het nie plek in sport of samelewing nie maar wanneer mense in die mees bevoorregte posisies begin “victim mentality” ten toon stel kan jy maar gaan kyk wie is die regte rassiste.

Harley Davidson ·

Hamilton is ‘n onverantwoordelike persoon wat ander persone se lewe in gevaar stel sonder om daaroor te dink het hy nie iewers waar hy knie moet buig nie.

KB ·

Dalk moet ou Hamburger sy knie in ‘n kerk gaan buig…dis ten minste ‘n positiewe begin.

piet ·

Kyk, as jy nie eers kan verstaan watter kant ‘n ou jou verbygesteek nie dan het hy jou totaal en al ore aangesit. LOL

Harley Davidson ·

Ai Piet, jy verstaan al weer verkeerd ,formule 1 het ook reels net soos op ‘n openbare pad dit is nie net ‘n geval van ry so vinnig jy kan en maak wat jy wil nie en die reëls is daar vir die veiligheid van die bestuurders.

Jr ·

So wie support jy in F1?
Ek: Enige iemand wat Hamilton wen of in hom vas jaag

KB ·

Dit wys maar net hoe geliefd Hamilton is (sic)…hy’s ‘n middelvinger werd.

Miskruier ·

Jammer dat ego,s op n stadium kop uitsteek, dan volg die vinger daarna.

Charl ·

Hamilton is ‘n idioot. Punt. Tyd dat iemand daai ”chip” van sy skouer afhaal, mooi so Max !

lodewyk ·

Nee wat Hamilton is die rede hoekom ek nie meer F1 kyk nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.