Woef per ongeluk oorsee gestuur

Irgo, die 10-jarige Duitse herdershond

ʼn Hond, wat per ongeluk na Japan gestuur is, is weer met sy gesin in Kansas in die VSA herenig.

Die Duitse herdershond, genaamd Irgo, het Donderdagaand by Wichita-lughawe opgedaag ná ʼn vlug op ʼn privaat vliegtuig van Japan.

Kara Swindle en haar twee kinders het vroeër vandeesweek met United Airlines van Oregon na Kansas City, Missouri gevlieg om na Wichita, Kansas, te verhuis. Toe hulle Irgo wou oplaai, het hulle egter ʼn groot Deense hond ontvang.

United het in ʼn verklaring gesê die honde het op een of ander manier op die verkeerde vlugte beland tydens ʼn verbindingsvlug in Denver.

Swindle het nog nie bekend gemaak of sy regstappe oorweeg nie. Sy het haar dank uitgespreek met United se pogings om Irgo weer huis toe te bring. Volgens haar lyk Irgo gesond en bly om weer by sy mense te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

rose ·

Wat ‘n pragtige hond. Die duidste herdershond is darm ‘n statige hond.

Chivago ·

Ek sal sekerlik ‘n hartaanval kry as dit met my moet gebeur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.