WOI herdenk: Laaste papawer geplant

Foto: Tower of London, Facebook

Foto: Tower of London, Facebook

ʼn 13-jarige weermagkadet het Dinsdag die laaste van 888 246 keramiek-papawers by die Tower in Londen geplant wat elke Britse sterfte in die Eerste Wêreldoorlog gedenk.

Die einde van die Eerste Wêreldoorlog word vandag, 11 November 2014, gedenk en dit is vanjaar 100 jaar ná die begin van die Groot Oorlog wat van 1914 tot 1918 geduur het.

Die uitstalling, Blood Swept Lands and Seas of Red, het die verbeelding van reeds meer as vyf miljoen mense aangegryp wat die Tower besoek het om die papawers te sien. Spreiligte word deur die aand aangelos sodat mense dwarsdeur die aand die uitstalling kan sien.

Die papawers is almal verkoop ten bate van ses liefdadigheidsorganisasies vir militêre veterane.

Klik hier om meer te lees.
Klik hier om die Tower in Londen se Facebook-blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.