‘Wonderbaba’ van Formule 1 het tuis nog nie rybewys

Max Verstappen. Foto: Stefan Brending/Wikipedia

Max Verstappen. Foto: Stefan Brending/Wikipedia

Op 16 is Max Verstappen aangewys om as Formule 1-jaer lid te word van die Torro Rosso-span. Nietemin moet hy nog wag tot sy 18de verjaardag om ’n rybewys in sy tuisland, Nederland, te kry.

Verstappen was net 17 jaar en 166 dae oud toe hy sy debuut in die 2015 Australiese Grand Prix gemaak het – die jongste jaer in Formule 1-geskiedenis.

Verstappen het vanjaar sy ideaal verwesenlik om agter die stuur van ’n Formule 1-resiesmotor in te skuif. Hy is die seun van die voormalige F1-jaer, Jos Verstappen.

Hoewel Verstappen onder die Nederlandse vlag jaag, is hy ook ’n Belgiese burger omdat sy moeder ’n Vlaming is. Onder sy ma se mense het die jaersbloed dik geloop.

Met die Australiese Grand Prix was Verstappen goed geplaas toe hy weens enjinmoeilikheid moes onttrek. Met die Maleisiese Grand Prix het hy in die sesde plek gekwalifiseer, en in die sewende plek klaargemaak. Daardeur het hy ook die jongste Formule 1-jaer geword wat punte kon insamel.

Formule 1 het intussen sy reëls verander en van 2016 af mag niemand onder die ouderdom van 18 aan die kompetisie deelneem nie. Verstappen word darem vanjaar op 30 September 18 jaar oud. En dan mag hy in Nederland ‘n rybewys bekom.

Bronne: Yahoo News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Paul ·

In die Oostenrykse Ope?!

Punt 1: Dit was in Australië, nie Oostenryk nie. “Austria” en “Australia” is nie dieselfde plek nie. Die Australiese Grand Prix is al jare lank die eerste ren op die kalender. Oostenryk is (die jare wat dit wel daar plaasvind) altyd eers veel later op die kalender.

Punt 2: Dis Formule 1, nie tennis nie. Formule Een het nie “ope” toernooie nie.

nig ·

BJ – niks met slegte bui te doene nie, maar alles met swak beriggewing. Regtigwaar Maroela…

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul en nig

Dankie dat julle ons hierop gewys het! Dit is na die betrokke joernalis terugverwys vir regstelling.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Hier moet mens nie die (tennis)bal speel nie maar wel die versnellerpedaal kielie . . .
Ouderdom speel ongelukkig ‘n rol, in so ‘n mate dat die ‘dom’ in latere jare by sommige motoriste voortbestaan in die manier wat daar bestuur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.