Die 11-jarige wonderkind, Curtis Elton, is die jongste persoon ooit om ʼn graad in musiek te ontvang.
Curtis van Barnet in Londen, Engeland, wat ook as die “Mini Mozart” bekend staan, het as driejarige reeds begin klavier speel en kon as vierjarige al musiek lees.
Hy het meer as twee ure lank elke dag geoefen om die 37 minuut lange uitvoering perfek vir die eksaminators af te lê. Hy het stukke van Bach, Mozart en Chopin gespeel.
Sy 41-jarige ma, Hayley, is ʼn konsertpianis. Sy pa Jonathan (45) is ʼn grafiese ontwerper en hy het ook ʼn sussie Sophia (10).
Curtis sê hy wil graag so suksesvol wees soos Liberace, Lang Lang en Elton John. Maar hy is ook ʼn aanhanger van die Manchester United-spelers Wayne Rooney en Robin van Persie.
Klik hier om meer te lees.
Curtis was nege jaar oud toe die volgende video verfilm is:
Sy 41-jarige man, Hayley, is ʼn kosertpianis. Maroelanuus, verander gou as dit moet. Dis seker sy ma en nie sy man nie.
Dagsê Lindie,
Dankie ons het die vingerfout reggestel.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
En eerder ‘n koNsertpianis.
Aarde, wat n talent!!!! Party van ons speel al jare klavier en ploeter net aan en hier kom n nege jarige en kap dit so uit. Dis wonderlik om met so talent gebore te wees. Ek sal maar aanhou ting-tong.
Elf en nie nege,
Verbysterend!
Volgens die res van die video’s was hy maar nege toe hy sy graad gekry het. En in 2013 wen hy en sy sussie, Sophia, sommer so tussendeur die Britse ysskaatskampioenskap vir pare!
Wit kinders darem!