Wondermateriaal kan ontsouting lonend maak

Grafeen (Universiteit van Machester)

Met Kaapstad wat volgens beplanning ook ’n ontsoutingsaanleg kan kry om toekomstige waterkrisisse die hoof te bied, is daar nou goeie nuus oor ’n nuwe ontwikkeling wat die proses aansienlik goedkoper kan maak.

Daar moet egter nog baie water in die see loop, by wyse van spreke.

Navorsers van die Universiteit van Manchester se Manchester’s National Graphene Institute in Engeland het nou aangekondig dat hulle daarin geslaag het om ’n doeltreffender filtreer-membraan te skep.

Die nuwe membraan word van grafeen-oksied gemaak. Grafeen is ’n nannomateriaal, en word as die dunste ter wêreld beskryf. Dit word as ’n wondermateriaal beskou.

Na raming sal die nuwe membraan die elektristeitskoste vir die pomp van die water deur die membraan met tussen 15 en 46% verminder. Die bestaande energiekoste maak die huidige proses duur.

Danksy verbeterings in die bestaande tegnologie wat as vordering in klein stappies beskryf word, is die koste van gesuiwerde seewater nou 75 Amerikaanse sent per kubieke meter, teenoor $50 dertig jaar gelede.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leer ·

Dis gewoonlik wanneer daar druk ontstaan agv verskeie faktore dat die mensdom begin dink en planne beraam. So het ook SASOL sy ontstaan gehad deur vernuf van die wittes met neweprodukte wat ook bruikbaar is, dink maar aan kunsmis. So ook wapenvervaardiging. Ja-nee Zille was reg dat daar nie net negatiwiteit was in apartheid se tyd.
Ek sal graag wil weet waar Afrika sou wees sonder die wittes se aankoms. Definitief sou daar met uitmoring net een stam oorgebly het met ‘n despoot aan bewind. En tegnologies? Ek dink julle weet . . .

Cherokee ·

Zille het verskoning gevra vir haar opmerking, so sy ondersteun die stelling (blykbaar) nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.