‘Wonderwerk’ toe baba, drie ander, heli-ongeluk oorleef

‘n Bemanningslede het die babadogtertjie uit die wrak gered. (Foto: Laura Mellon/Joe Holden/Twitter)

ʼn Twee maande oue baba het wonderbaarlik oorleef nadat ʼn lugambulans Dinsdag in die Amerikaanse deelstaat Pennsylvania neergestort het. Die drie ander insittendes het ook nie ernstig beserings opgedoen nie en owerhede het dit as ʼn “wonderwerk” bestempel.

Die lugambulans was van Maryland onderweg na die Children’s Hospital of Pennsylvania toe dit langs die Drexel Hill United Methodist-kerk in Delaware grond toe geval het, berig CBS News.

Die helikopter het Dinsdag om 10:29 van Hagerstown, Maryland, opgestyg en minder as 10 minute later in Chambersburg, Pennsylvania, geland. Om 12:06 het die helikopter weer opgestyg en net 47 minute daarna grond toe geval.

Volgens FlightAware lyk dit asof die helikopter sy spoed behou het terwyl dit vinnig hoogte verloor het en toe geval het.

Die vlieënier, ʼn bemanningslid, ʼn verpleegster en die babadogtertjie was glo uit die wrak nog voordat nooddienste op die toneel was.

Foto’s wat na afloop van die ongeluk geneem is, wys hoe die helikopter se bemanningslid die babadogtertjie uit die wrak red.

Derrick Sawyer, brandweerhoof van Darby, het gesê die insittendes is almal ná die ongeluk na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Hulle is steeds in ʼn stabiele toestand met geen lewensgevaarlike beserings nie.

Owerhede het intussen die vlieënier geprys vir sy vermoë om telefoonlyne mis te vlieg en die helikopter grond toe te bring sonder om die kerk of enige ander nabygeleë geboue of motors te tref.

“Die enigste manier om dit te beskryf, is dat dit ʼn wonderwerk is,” het Sawyer gesê.

Dit is nog nie duidelik wat presies die ongeluk veroorsaak het nie, maar die voorval word tans deur die nasionale raad vir veilige vervoer ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Colin ·

Scroll dan net verby na die volgende berig. Die keuse is joune of jy dit wil lees of nie nè?

Annelize ·

Ag toe nou Shakespeare. Scroll dan net verby, dis nie almal wat verkies om in ‘n bubbletjie te leef nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.