Wonderwerkbaba gebore twee weke ná Nepal-aardbewing

Dolma Tamang en haar babaseuntjie Foto: Mirva Helenius, Rooi Kruis in Finland

Dolma Tamang en haar babaseuntjie Foto: Mirva Helenius, Rooi Kruis in Finland

Dolma Tamang (28) het twee weke, nadat sy haarself uit die puin van die Nepal-aardbewing gegrawe het, geboorte geskenk aan ʼn gesonde babaseuntjie.

Die Britse Rooi Kruis het berig Tamang was “ver swanger” toe die aardbewing die land op 25 April getref het. Haar huis het op haar ingeval.

Sy het beserings opgedoen en was nie seker hoe sy hulp sou kry nie. “Ek was so bekommerd oor my baba dat ek nie oor my eie gesondheid omgegee het nie,” het sy aan die BBC gesê. Sy het glo oraloor haar liggaam beserings opgedoen en gesukkel om asem te haal. Sy kon nie die drie ure ver stap na die naaste kliniek nie.

Gesondheidswerkers het net betyds op haar afgekom toe sy begin kraam het. Volgens die BBC het ʼn Japannese mobiele kliniek “toevallig” op haar afgekom.

“Alhoewel ons bykans al ons besittings verloor het en ek nou in ʼn tydelike skuiling bly, is ek die dankbaarste vir hierdie klein wonderwerk,” het sy gesê. “Die feit dat my baba gesond gebore is, is ʼn teken van hoop en ʼn tweede lewe vir ons hele familie.”

Meer as 8 000 mense is dood in die aardbewing. Nog ʼn groot aardbewing het Nepal Woensdag getref.

Lees alle vorige berigte oor Nepal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.