ʼn Vrou wie se huis in die vloede van sikloon Idai verwoes is, het in ʼn veselperskeboom geboorte geskenk aan ʼn babadogtertjie.
Amélia, ʼn enkelma, het met haar tweejarige seuntjie in die boom geklim toe die vloedwater begin styg het. “Ek het geen ander keuse gehad as om in die boom te klim nie. Ek was alleen saam met my seuntjie. En toe het die pyn begin en daar was niemand om my te help nie,” het sy aan die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) gesê. “Binne ʼn paar uur is my dogtertjie Sara in die veselperskeboom gebore. Ek was heeltemal alleen saam met Sara en my seuntjie.”
Die gesin het meer as twee dae lank in die boom gebly en aan takke vasgeklou totdat die vloedwater begin sak het en bure hulle kon help.
Hulle bly nou in ʼn behuisingsentrum in Dombe.
Sikloon Idai het die suidelike deel van Afrika in Maart getref. Meer as 900 persone is in Mosambiek, Zimbabwe en Malawi dood en dié getal sal nog waarskynlik toeneem terwyl gemeenskappe sukkel om siektes soos cholera onder beheer te bring. Minstens 128 000 persone is slegs in Mosambiek dakloos gelaat.
Hehehehe , Idai sal nogals ‘n gepaste naam vir die dogtertjie wees.
Hi Sara, waar is jy gebore?
In ‘n boom. ‘n Mangoboom!
In ‘n boom? Mangoboom? Hehaaahheeee…!!!
Mooi storie oor die veselperskeboom!
Wonderwerk baba, maar wat `n dapper mamma! Pragtige storie. God het Sy hand oor hulle gehou!
Ek hoop n plaaslike bank borg daardie kind se skoolloopbaan: sy moet beslis n tak-bestuurder word. Wel gedaan, Amelia!
En ek hoop Mango Lugdiens reël vir hulle ‘n vakansie. Kan nogal advertensie wees vir Mango Airlines Flights.
Sjoe dis erg, bly sy en die kinders is ok
Kom ons noem haar mango. Ten spuite van al die gevare gee ma geboorte. Sys n wonderma. Om nege maande swanger wees en dan nog in n boom vir lewe en dood te vrees wil gedoen wees.
En ons kla oor staatshospitale! Die arme vrou. Gelukkig was dit nie haar eerste baba nie, dan stres mens soveel meer. En om vir so lank ‘n tweejarige in ‘n boom veilig te hou, dit verdien respek! Mag hul lewe vorentoe meer voorspoedig wees.
So hele paar jaar terug met oorstromings in Moz het daar ook n vrou in n boom gekraam.
Jip, hulle het haar probeer verwesters met geskenke vir die baba en Amerika toe gesleep met groot fanfare, en toe hulle haar vra wat sy wil he, antwoord sy : “ek wil graag terug gaan huistoe.”
In Afrika:
“It’s raining babies ! Halleluja ! It’s raining babies ! Halleluja !”