Wetstoepassingsbeamptes sê Tiger Woods (45) sal nie van roekelose bestuur aangekla word rakende die motorongeluk waarin hy Dinsdag ernstig beseer is nie.
“’n Klag van roekelose bestuur bevat baie elemente, hierdie voorval is bloot ’n ongeluk,” het Alex Villanueva, polisiehoof van die Los Angeles-distrik, aan verslaggewers gesê.
Villanueva het gesê Woods kan wel van ’n aansienlik minder ernstige oortreding aangekla word, sou dit aan die lig kom dat hy te vinnig bestuur of nie aandag aan die pad gegee het nie.
Ondersoekbeamptes hoop dat die bekende gholfspeler se voertuig toegerus is met ’n “swart boks” wat sal help om lig op die oorsaak van die ongeluk te werp.
Maroela Media het vroeër berig Woods het ernstige beserings aan sy bene opgedoen toe sy motor Dinsdag vroegoggend die pad in die Palos Verdes-omgewing in Los Angeles verlaat en verskeie kere gerol het.
Woods is ná die ongeluk in Harbor-UCLA Medical Center in Kalifornië opgeneem waar hy ’n operasie moes ondergaan om sy regterenkel en -voet met behulp van ’n ysterpen en skroewe te stabiliseer.
Die beroepsgholfspeler is intussen wakker en herstel goed in die hospitaal.
Woods het gedurende sy loopbaan reeds drie prosedures aan sy knie ondergaan. Die nuus oor sy jongste beserings het intussen vrae laat ontstaan oor Woods se vermoë om weer op die hoogste vlak mee te ding.
“Hy is nie Superman nie,” het die Ierse gholfspeler Rory McIlroy Woensdag voor ’n toernooi in Florida gesê.
“Hy is eintlik tog maar net ’n mens. En hy het al soveel deurgemaak. Ek dink almal moet in dié stadium net dankbaar wees dat hy hier is, dat hy lewe en dat sy kinders nie hul pa verloor het nie,” het McIlroy gesê.
Natuurlik nie. Mos die victim, never the culprit.
Ek wonder hoekom word daar ondersoek ingestel as hy “niks” verkeerd gedoen het nie? Weet iemand nou weer iets wat ongesê moet bly? Enige iets kon die ongeluk veroorsaak het, hoekom moet die swartboks nou ingespan word? Kan mense dan nie net gewone ongelukke maak nie? Of is daar ‘n tiger in die gras?
as dit in SA was sou ek se geld het in iemand se sak beland wat ‘ysterhout’ geskenk het
Die Pous is seker ook nie Katoliek nie.