Woods vas nadat hy ‘onder die invloed’ bestuur

ʼn Polisiefoto van Tiger Woods kort nadat hy in hegtenis geneem is op aanklag van bestuur onder die invloed van dwelms of alkohol (29 Mei 2017). Foto: Palm Beach County Sheriff’s office via AP

Die Amerikaanse gholfster, Tiger Woods, is Maandag in Jupiter in die deelstaat Florida in hegtenis geneem omdat hy na bewering onder die invloed van alkohol of dwelms bestuur het.

Woods (41) is omstreeks 03:00 naby sy huis vasgetrek en omstreeks 07:00 by ʼn plaaslike tronk ingeboek, maar is ʼn paar ure later sonder enige borgtog weer vrygelaat.

Woods het later ʼn verklaring uitgereik waarin hy ontken dat hy onder die invloed van alkohol was ten tyde van sy inhegtenisneming. Volgens die gholfster het hy bloot ʼn “onverwagse reaksie” op voorskrifmedikasie gehad. “Ek verstaan die erns van wat ek gedoen het en neem volle verantwoordelikheid vir my dade,” het Woods in die verklaring gesê.

“Ek wil hê die publiek moet weet dat alkohol nie betrokke was nie. Wat gebeur het, was ʼn onverwagse reaksie op voorskrifmedikasie. Ek het nie besef die mengsel van medikasie kan my so erg affekteer nie. Ek wil met my hele hart om verskoning vra aan my familie, vriende en aanhangers. Ek verwag ook meer van myself. Ek sal alles in my vermoë doen om seker te maak dat dit nooit weer gebeur nie.”

Dit is nie die eerste keer wat negatiewe beriggewing oor Woods die media haal nie. In 2010 het meer as 12 vroue, waarvan sommige prostitute was, beweer hulle het buite-egtelike verhoudings met die sportman gehad. Woods en sy vrou, Elin Nordegren, het kort daarna geskei.

Woods het 14 groot toernooi-oorwinnings agter sy naam, maar geen sedert 2008 nie. Sedert 2013 het hy deurlopend gesukkel om sy staal op die gholfbaan te wys weens verskillende beserings en twee rugoperasies. Volgens Forbes-tydskrif is Woods die eerste sportman ooit om meer as 1 miljard dollar te verdien.

Woods het gehoop om in 2017 terug te keer na professionele gholf, maar het vroeër aan die meesterstoernooi in Augusta onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

zahn ·

Ek het hom nie eers herken op die foto nie? Ook maar lekker rond geraak.. o ja taaiger, jou ogies lyk maar lekker verlep vir voorskrif medisyne hoor..

Dirkie ·

Goeie genade, 3 uur die oggend rondry en jy se ekt voorskrif medikasie geneem. Nee Tiger jyt dalk vir n Tigress gaan soek. Seker maar net mens.

Pieter ·

Toemaar Tiger, meeste golfers wat ek ken lyk so na die 19de

Christo Visagie ·

Geen verskil tussen hom en ‘n ander mens wat daai tyd so bietjie onder die prop is nie, meeste gholfers wat kuier by die 19de putjie sal saam stem.

snoefie ·

skoon BLEEK geskrik. rugpyn is n nare ding. of dit 3am of 3pm is.

Justice ·

`n Amerikaanse prokureur se droom indien die polisie nagelaat het om hom vir alkohol en dwelms te toets.

marous ·

Vir ‘n man met so van lyk hy maar goed deur die blare…..

Fires ·

Kom nou julle, gee die man ‘n ‘break’, die meeste van julle lyk slegter as hy drieuur die oggend

Scalla ·

Tiger was nie dronk nie, hy het net lekker gedryf na hy sy medikasie geneem het, dis seker n herhaal voorskrif wat slegs 03h00 gedrink moet word, sekere medikasie het verskillende uitwerkings op sekere tye en vernaam as dit in vloeistof vorm geneem moet word,

Oordeel ·

My eerste indruk is ook om te oordeel. Daardie ‘hardehout’ in Woods en die ‘tier’ in die Tiger.
Tog dank ek God want dit kon ook ek gewees het . . .

BOLANDER ·

Goeie genade, het die man nie eers herken nie!!!!!!!!!!!!!!

Susanna ·

Ja, lag, kritiseer, maar… ek het hierdie week dieselfde met my man gehad. In die kar oppad huistoe het hy gekla oor ‘n spier spasma in sy nek, en ek het hom ‘n spier verslapper gegee. Gou by PnP gestop, en toe “buckle” my man se bene na 5 minute. Ek moes huistoe bestuur, hom uit die kar help, in die huis in lei, kos inskep, en vir hom ophelp uit die sitkamer stoel. Hy is 35 en vris en gesond. So hoe nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.