Wrak van Columbus se vlagskip glo na 500 jaar gevind

SantaMaria6Navorsers meen hulle het “tentatief” die watergraf van Columbus se vlagskip, die Santa Maria, aan die noordkus van Haïti gevind.

Ongelukkig het plunderaars van die uitkenbare voorwerpe soos ‘n kanonloop geplunder sedert die wrak in 2003 gefotografeer is, maar die moontlike waarde daarvan nog nie besef is nie. Die Santa Maria het op 24 Desember 1492 gestrand en die volgende dag gesink. Columbus het opdrag gegee dat die skip se hout en ander bruikbare dele gestroop moet word, wat vir die bou van die fort gebruik is.

Die skip het gestrand na feesvieringe aan boord, waarna die bemanning een vir een aan die slaap geraak het tot net die kajuitjonge wakker was wat die skip toe moes stuur. Die presiese plek waar die Santa Maria vergaan het, kon bepaal word nadat ‘n ander navorsingspan in 2003 op die oorblyfsels van wat hulle glo Columbus se fort was, afgekom het. Die wrak is relatief naby daaraan gevind, nadat seestrome en ander aspekte met Columbus se inskrywings in sy dagjoernaal vergelyk is.

Die berging van die oorblyfsels van die wrak word nou beplan sodat dit bewaar, en in ‘n museum in Haïti uitgestal kan word.

Die volledige artikel kan hier gelees word.

Bronne: The Independent, Wikipedia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frieda Du Plessis ·

Hoe kry hul ‘n skip wat 500 jaar terug gesink het, maar ‘n met al die tegnologie kry hul nie die verlore vliegtuig wat nou vermis geraak het nie? Wonder maar net, iewers steek iemand iets weg en dis meer as net ‘n vliegtuig!

Herman ·

Hallo Frieda. Uit hierdie en ander berigte oor die vind van ou skaapswrakke, lyk dit of die balas wat gebruik is, op ‘n manier ‘n belangike rol gespeel het om die oorblyfsels behoue te lat bly. Daar is natuurlik al baie ouer skepe as hierdie se wrakke gevind. Hoewel nie deur die opgeleide argeologiese gemeenskap as outentiek erken word nie, het verskeie mense ook reeds daarop aanspraak gemaak dat hulle oorblyfsels van die ark gevind het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.