Wrak van vermiste vliegtuig gekry

Die Cessna 5Y-CAC wat in Kenia vermis geraak het. (Foto: Daily Nation)

Die wrak van die Keniaanse vliegtuig wat Dinsdagaand met tien persone aan boord vermis geraak het, is opgespoor.

Dit kom ná ʼn uitgebreide soektog deur Keniaanse owerhede.

Die wrak van die Fly Sax-vliegtuig, wat op pad was na Nairobi, is Donderdagoggend in die Aberdare Nasionale Park, noord van Nairobi, opgespoor.

Dit is in dié stadium nog onbekend of van die passasiers die voorval oorleef het.

Maroela Media het vroeër berig  die Cessna C208-vliegtuig met die registrasienommer 5Y-CAC het Dinsdag omstreeks 16:00 by Kitale opgestyg en sou ongeveer  ʼn uur later in die hoofstad aankom. Daar was agt passasiers en twee bemanningslede aan boord van die vliegtuig.

Die soektog na die vliegtuig is Woensdag tydelik afgelas as gevolg van slegte weer. Die soektog het Donderdag om 06:00 hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.