Wrakstukke van vermiste duikboot gevind

‘n Wrakstuk van die duikboot wat op die seebodem aan die kus van Bali gevind is. (Foto: Indonesiese vloot/AFP)

Die Indonesiese vloot het bevestig daar is geen oorlewendes nie nadat die duikboot wat verlede week verdwyn het in stukke op die seebodem gevind is.

Daar was 53 bemanningslede aan boord van die KRI Nanggala 402 wat Woensdag tydens ʼn millitêre oefening aan die kus van Bali verdwyn het.

Volgens adm. Yudo Marogono, stafhoof van die Indonesiese vloot, het die duikboot in drie stukke gebreek en is dit met spesiale toerusting sowat 800 m diep op die seebodem gevind.

Dit is nog nie presies seker wat gebeur het nie, maar daar word vermoed dat die duikboot nie weer na die oppervlak kon kom nie en dat die enorme waterdruk dit laat inplof het.

ʼn Stuk van ʼn torpedo en ʼn bottel smeermiddel wat gebruik word vir die periskoop is van die brokstukke wat Saterdag opgespoor is.

Marogono het gesê enige pogings om die wrakstukke op die seebodem te probeer herwin sal moeilik wees en ʼn groot risiko inhou.

Die KRI Nanggala 402, een van vyf duikbote in die Indonesië se vloot, was geskeduleer om torpedo-oefeninge uit te voer toe die vaartuig Woensdagoggend vroeg toestemming gevra het om te duik waarna daar kontak verloor is.

Die ergste is gevrees nadat ʼn oliestorting opgemerk is in die omgewing waar daar met dié duikboot kontak verloor is.

Die KRI Nanggala 402 van 1 300 ton is in 1978 gebou en in 1981 deur die Indonesiese vloot in gebruik geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stof ·

Dit is my opregte bede dat die bemanningslede betyds hulle saak betyds met Vader reggemaak het en Jesus se bloedoffer aanvaar het. Indien nie, is die hartseer in hierdie insident, logaritmies groter.

Cherokee ·

Wat ‘n pragtige kommentaar!
(Is Indonesiië nie ‘n moslem land nie?) Ek het kliënte in Indonesië gehad (vanaf lokaal en weer terug) maar het nooit daardie tipe vrae gevra nie.
Maar Stof, dit is tòg so dat Sy Woord wêreldwyd verkondig word, en geëer word.
So, jou bede mag geregverdig wees.

Boekwurm ·

Waar dit gebeur het, glo hulle nie aan Jesus as die verlosser nie. Hulle is Moslems.

Cherokee ·

Roekelose kommentaar, Boekwurm, uiters roekeloos. Jou kommentaar lyk soos die prentjie van ‘n regter wat met ‘n hamer slaan op sy soort van preekstoel.
Lees my kommentaar reg bo jou ‘uitspraak’ en onthou, daar is Christene in moslem (sowel as ander) lande. Sommige hou kerk in die geheim. Mag God hulle beskerm en seën!

MakersMark ·

Hy is 100% reg as enige iemand iets van Indonesië af weet sal hul weet dis die land met die grootste moslem bevolking ter wêreld. En christendom word daar gehaat. Waarom lede van hul militêre vloot ‘n ander geloof aanhang ? Ek verstaan die wens dat hul redding sou vind maar om te spekuleer dat hul dalk die christlike geloof kon aanhang ?

Sarel ·

Dit is ‘n Tragedie . Die Bemanning se naasbestaandes.
Gaan die oorskot ooit na die oppervlak gebring kan word.
Gaan die WAARHEID ooit uitkom?

Anoniem ·

Hierdie gebeurtenis laat my dink aan ons eie ou afgeleefde duikbote??? Is hulle nog seevaardig????

JohanR ·

Kotze – word SA duikbote nie nou gebruik vir lae koste behuising? Die een duikboot het moes uit gebrand toe ‘n ou die ketel in die verkeerde prop druk.

Leon ·

Ons vloot duikbote is in 2005 en 2007 in diens gestel, vergeleke met dié betrokke duikboot wat al sedert 1981 gebruik word. Een van die drie s tans operasioneel.

MakersMark ·

Van die drie kernduikbote wat die SA vloot gekry het met die wapentransaksie is net een seevaardig. Een het in die vloer van die oseaan vasgery. Die ander een het die bemanning die verkeerde kabel koppelings gemaak R 35 m se battery bank uitgebrand. Of dit reggemaak is weet ons nie. Sal lank vat om te verstaan ‘n duikboot verg ander behandeling as ‘n minibus.

Leon ·

Die drie Tipe 209 duikbote wat tans in diens is diesel duikbote en nié kernaangedrewe nie. Alhoewel slegs een tans operasioneel is (nié die vloot se skuld dat fondse na ander prioriteite gestuur word nie) is die bevoegdheid en professionalisme van die bemanning steeds hoog.

Karina ·

Dit moes ‘n angswekkende, aaklike dood gewees het. Simpatie aan die familielede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.