Wrakstukke van vermiste Russiese vliegtuig gevind

Argieffoto van die Alexandrov- militêre koor (2010)

Argieffoto van die Alexandrov- militêre koor (2010)

Rusland se ministerie van verdediging het gesê reddingsbeamptes het wrakstukke gevind van die Tu-154-vliegtuig wat Sondagoggend met 91 persone aan boord verdwyn het.

Die vliegtuig was op pad na die Russiese militêre basis in Sirië en het, kort nadat dit in die vakansiedorp Sochi opgestyg het, van die radar verdwyn.

Maroela Media het vroeër berig agt bemanningslede en 83 passasiers, waaronder lede van die wêreldbekende Alexandrov- militêre koor en verslaggewers, was aan boord.

Die wrakstukke is ongeveer 1,5 km van die kuslyn gevind op ʼn diepte van 50 tot 70 m.

‘n Opname van die Alexandrov-koor wat die Russiese volkslied sing:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Hartseer so op Kersdag. Groot verlies vir Rusland. Was dalk deur vyandiges geteiken. Hoop hulle kry antwoorde.

Jan ·

Oor die toestand van ons land en die gemors waarin ons beland het, is my hart soos wrakstukke tot in elke uithoek versprei.

Ada ·

Julle is almal reg.Dan is dit ook n geweldige ramp wat met hierdie mense gebeur het op n Heilige dag.Dit was uit en uit n tereurdaad teen die mense wat kersfees wou fier en dit is dan teen Christenskap. Maar hoe groter die tereur hoe sterker word die geloof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.