Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind

Captureʼn Australiese soekvliegtuig het twee voorwerpe in die suidelike deel van die Indiese Oseaan opgemerk wat moontlik deel kan wees van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines.

NBC News berig dat Tony Abbott, Australiese premier, aan die parlement gesê het dat hy in gesprek is met sy Maleisiese eweknie oor die voorwerpe wat aan die kus van Perth opgemerk is. Abbott sê daar moet eers verdere ondersoek ingestel word voor daar vasgestel kan word of die voorwerpe van die vermiste vlug MH370 is. “Die Australiese Maritieme-veiligheidsowerheid het inligting ontvang wat gebaseer is op satelietbeelde van voorwerpe wat moontlik met die soektog verband hou,” Abbott gesê.

Die soektog na vlug MH370 gaan intussen onverpoosd voort. Die vliegtuig het voorverlede week spoorloos verdwyn tussen Kuala Lumpur en Beijing. Meer as 40 vliegtuie en skepe van minstens 20 lande is op soek na die vliegtuig. Die vliegtuig, met 239 mense aan boord, het minder as ʼn uur nadat dit opgestyg het, verdwyn sonder dat ʼn noodsein uitgestuur is.

Lees ook:
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.