Wye kritiek op Trump se brand-twiet

Amerika se pres. Donald J. Trump se twiets, onder andere oor die veldbrande. Skermskoot: Twitter

Brandbestryders, politici en bekendes is die josie is oor ʼn twiet van die Amerikaanse president, Donald Trump, waarin hy “growwe wanbestuur” vir Kalifornië se verwoestende veldbrande verkwalik.

Die leier van die vakbond wat die meeste van Kalifornië se brandbestryders verteenwoordig, het hewig gereageer nadat Trump Saterdag gedreig het om federale geldelike bystand te kanselleer terwyl verwoestende veldbrande steeds dele van die staat verwoes, berig Fox News.

Op besoek aan Parys waar hy saam met ander staatshoofde die 100 jaar herdenking van die einde van die Eerste Wêreldoorlog bygewoon het, het Trump beweer “growwe wanbestuur” moet die skuld kry vir die drie “massiewe, dodelike en duur” brande.

“Daar is geen rede vir dié massiewe, dodelike en duur veldbrande in Kalifornië nie behalwe dat bosbestuur so swak is,” het Trump getwiet. “Miljarde dollar word elke jaar gegee, met soveel lewens wat verloor word, alles weens die growwe wanbestuur van die bosgebiede. Maak dit nou reg, of niks meer federale betalings nie!”

Brian Rice, voorsitter van Kalifornië se Beroepsbrandbestrydersunie, sê in ʼn verklaring Trump se “skandalige aanval op Kalifornië” is misplaas.

“Die boodskap waarin die president Kalifornië aanval en dreig om noodleniging van die slagoffers van die verwoestende brand te weerhou, is onvanpas, ongeleë en vernederend teenoor diegene wat ly sowel as die mans en vroue aan die voorfront.”

Die sangeres Katy Perry het haar verontwaardiging in ʼn twiet verwoord, berig CNN. “Dis ʼn absoluut hartelose reaksie. Daar is nie eens politiek by betrokke nie. Net goeie Amerikaanse gesinne wat hul wonings verloor en na skuilings ontruim word terwyl hy twiet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hanna Hoekom ·

California is nou nie juis bekend vit hul Trump steunbasis nie. Dalk is dit die rede? Hoe ook al, Trump is nog steeds stukke beter as ons Paddaman. Stuur hom maar vir ons asb!

Maddy ·

As ek Trump se twiet lees kritiseer hy owerhede vir swak bestuur wat sulke brande ka verhoed. Nerens se hy iets oor mense wat geaffekteer is nie behalwe sat dit nie nodig is vir mense om te sterf nie.

Iemand ·

Trump se strategie is om die brande te blameer op swak bestuur, om die aandag af te lei van die feit dat n 5 jaar lange droogte ‘n rol gespeel het. Hy wil nie oor die klimaat praat nie…

Jamie ·

Dis tipies van die demokrate…

Fokus op dinge wat nie relevant is nie, soek net ‘n rede om te kla oor hulle, soos groot stout “kinders” nie hul sin kry nie. Ek wonder soms oor die intellek van demokratiese ondersteuners…

Adriaan ·

Kalifornië het verminder / opgehou om droë bome en bos op te ruim. Hulle het verminder / opgehou om brandlyne in stand te hou. Die aantal brande, en die skade daardeur aangerig, het die afgelope jaar gevolglik toegeneem. Voorafgaande die toename in brande het Pres Trump befondsing aan Kalifornië verminder agv hulle sanctury state / city beleid. Die brande stel Kalifornië in staat om noodtoestande te verklaar, wat hulle toegang gee tot geldelike bystand vanaf die sentrale regering. Dus, inkomste vervanging. Die “wye kritiek” is niks anders nie as manufactured outrage.

Rupert Ashford ·

Soos die Engelsman se “spot on”. Die “undergrowth” en droe brandstof/bome word nie verwyder/bestuur nie, dit bou op vir jare en dan eendag as dit begin brand, is dit ‘n katastrofe. Onder normale omstandighede sal daardie tipe materiaal of deur diere gebruik word, of deur lae intensiteit (of koeler) brande vernietig word wat deur die woud gaan sonder om katastrofies te wees – dit is soos die natuur werk. Maar nou word die woude “off limits” verklaar deur welmenede stadsjapies en mense wat die goed verstaan deur “green tape” aan bande gele en die woude raak ‘n tikkende tydbom. Die Vakbond mense sal mos terugkrabbel (hulle is per slot van rekening demokrate en kry hulle geld van die belastigbetalers af), en wat weet Katy Perry van woudbestuur?

Joshua ·

Jy praat waar, Adriaan-die Demokrate wat Kalifornie so wanbestuur moet deel van dai blaam dra maar hulle sal nie verantwoordelikheid aanvaar nie maar liewerste vir Trump beledig en selg se.

JJ ·

Jy goed nie eens ver te soek op Google om uit te vind dat 57% van Kaliforniese woude deur die federale regering besit word nie. Die staat self besit slegs 3%, terwyl die res in privaatbesit is. As iemand hier vir wanbestuur verantwoordelik is, is dit heel waarskynlik nie die Kaliforniese regering nie.

Blom ·

Ek lees ook dit so en ons loop ook deur onder brande omdat ons s’n ook nie bestuur word nie en voorbrand en kennis is baie belangrik.. Ek hou baie van President Trump!

Daan ·

Iemand wat jare by bosbou gewerk het in George en nou afgetree is vertel dat ‘n groot rede vir die verspreiding van die Brande swak instandhouding is. Brandbane wat nie skoongemaak is wat voorbrande onmoontlik maak. En nog baie voorkomende maatreëls wat nie meer gebeur nie.

Johanna Botha ·

Hy se net mense moet hulle werk begin reg doen ….presies wat in SA moet begin gebeur !

Twakkie ·

Ek stem saam met al die kommentare hierbo. Dié storie kom seker direk uit die linkse VSA-media, want daar is sóveel belangriker nuus. En wie gee om wat Katy Perry van enigiets dink? Asseblief, Maroela. Ons lees julle juis omdat ons nie lus het vir fopnuus nie. Moet asseblief nie óók vir die “gallery” speel nie.

Trash ·

He’s shown more affinity for strongmen leaders who have eroded democracy in their countries, like Putin, with whom he spoke at a lunch on Sunday, and Turkish President Recep Tayyip Erdoğan, who sat alongside him at dinner on Saturday.

Staak saam ·

Diplomasie is nie die andwoord vir binnelandse politiek nie en ons almal weet, Trump is nie veel van n diplomaat werd nie. Maar dan weer, soek jy n diplomaat as staatshoof?
Die demokrate steun net n presedent wat uit hulle kamp kom. Trump het werkloosheidsyfer af gebring, die ekonomie groei weer met 6,2% . Trump is en sal n doring in die vlees van die liberaliste bly en hulle sal soos gewoonlik alles wat gese word opblaas en verdraai, net soos hier by ons, goedkoop politiek!!

CA ·

Die Federale regering stuur biljoene aan CA vir bosbestuur, om onder andere, hierdie verwoestende brande te verhoed. CA spandeer dan daai geld op ander nonsens, welsyn, hofsake teen Trump, skelm betalings ens. Dis hoekom Trump sê hy gaan daai geld stop, want dit word nie gebruik vir wat dit bedoel is nie!

Paul ·

Vang ek MAROELA uit dat hulle nou ook EENSYDIG verslag doen? Het NASPERS se Vrymesselaars nou in julle ook geld ingestoot? Hierdie artikel stel Trump in n baie slegte lig. Waar is die ander kant van die verhaal? Bv. Dat Kalifornië se Demokratiese Kommunistiese Sosialiste wel die staat die grond in dryf en ONSETTEND ERG WANBESTUUR !! Ons sal nou ERG ogie oor Maroela moet hou en as dit wel die geval is dat hulle ook LIBERALISME en linkse sosialistiese propaganda dryf sal ons dit oral oor die internet aan die ganse volk moet bekend maak.

Paul ·

MAROELA bekommer my nou baie. Klink nou soos n LIBERAAL GEDRYFDE publikasie. Ons sal moet fyn dophou! Die ander kant van die saak is GLAD NIE GESTEL NIE. Mariska behoort mos darrem AGTERGROND STUDIE OOR enige saak te doen waaroor hulle berig asook menings van alle kante af kry. EENSYDIGE LIBERALE BERIGGEWING. BAIE ONTSTELLEND!!!!

Trash ·

Mickey, almal is geregtig op ‘n opinie. Dis egter nie genoegsame rede om mense te keer om te dink nie. Om feite as ‘fake news’ af te maak is Trump se kortpad om wetenskaplike feite verdag te maak -wat aanklank by sy reality show ondersteuners vind vir die bravade van ‘n narcistiese, selfbehepte ego. Dit sê alles van Trump, sy aanhangers asook witmense wat in Suid-Afrika dink hy gee meer as ‘n flenter om wat die uitdagings in hierdie land van ons eis.

Geregtig op ‘n opinie? Ja. Geregtig om soos ‘n skaap agter ‘n blêrende windsak aan te loop? Jou keuse. Maar geregtig om se eie ‘feite’ te skep? Nee!

Trash ·

Sommer om weer te herhaal vir kwasi-demokrate. Nee, nee, dis ‘n vloekwoord – demokrasie.
He’s shown more affinity for strongmen leaders who have eroded democracy in their countries, like Putin, with whom he spoke at a lunch on Sunday, and Turkish President Recep Tayyip Erdoğan, who sat alongside him at dinner on Saturday.

Trash ·

Almal is geregtig op ‘n opinie. Selfs geregtig om sy eie fopnuus te glo.

Maar bevestiging van feite vereis meer as net emosie.

Trash ·

“Wildfires are sparked and spread not only in forested areas but in populated areas and open fields fueled by parched vegetation, high winds, low humidity and geography,” he said.

Bosbouer ·

Inderdaad kan risiko vir brande verlaag word deur beter bestuur. Koue brande ipv ekstra warm brande sou die gevolg van beter bestuur wees. Trump is reg.

Trash ·

“Mr. President, with all due respect, you are wrong. The fires in So. Cal are urban interface fires and have NOTHING to do with forest management. Come to SoCal and learn the facts & help the victims,” the Pasadena Firefighters Assn. said on Twitter.

Foxi ·

Kyk…ek lewer sommer vinnig n kommentaar wat die werklikheid is van Donald Trump.
Hy kan wees wat hy wil of maak wat hy wil…maar EEN DING WAARIN HY BAIE EERLIK EN GOED IS………doen jou werk reg of dit is REG OF WEG!!!

humor ·

Ons sal moet mooi waqghou oor MM. Hoeveel Afrikaner instansies is al in ons geskiedenis gekaap?

christa ·

Trump is bobaas. Hy is nie op sy bek geval nie, hy, Ons mensdom is so gewoond om gepamperlang te wil word en kan nie die waarheid hanteer nie. Trump is ‘n raakvatter.

Marius ·

Ons was laas jaar in Kalifornie baie mooi plek maar die hoof paaie aan die buite wyke lyk sleg want die mense is nie bereid om die BTW te verhoog elke keer as dit gedoen moet word dan se die publiek nee daaroor is daar probleme om alles in stand te hou om die brande te voorkom.Dit is reg wat President Trump se.

Fdd ·

Mense wat nog CNN se nuus glo moet bykom. Volgens die tweet waarsku hy die mense wat geld nie reg spandeer nie, en niks anders nie. Schalk jy is reg. Duidelik is mense nie bewus van Soros, globalist ens nie. Kyk Youtube na wat rêrig gebeur.

VanAfrika ·

Ek vat alles wat die nuus te sê het oor President Trump met n knippie sout. Ons weet nou al teen die tyd dat as hy iets kwytraak hy goeie rede het en iets weet wat sy dom liberaal landgenote nie wil erken nie. Sou hulle of Katy Perry n geliefde gehad het wat gesneuwel het in hierdie brand, sou hulle President Trump daarvoor beskuldig het want die ramp gebeur mos nou onder sy “watch” en dan sal hulle nie eenkeer beskerm soos hulle nou beskerm nie. Katy Perry, Alex Baldwin, Noah Trevor en kie se geblaf is meer soos n gemeauwwww en sou hulle as presidensie sit, sal America ook as rommel status verklaar word. Die California bosbrand se agterlosigheid en agterstand was onder Obama se bewind verwaarloos en President Trump moes sy gemors erf en moet dit nou skoonmaak. Gee enige land aan hulle en dit word in sy maai in gehardloop. Obama was goeie bewys daarvan, SA is goeie bewys daarvan. Nie tot hulle erken dat ons blankes dit beter doen nie, gaan niks weer reg wees.

humor ·

VSA het ook maar hul weenkoor wat met spoet inval deur ons seuns se weenkoor.O die probleem kom dan vanuit die vereverlede.

Geweeg en te lig bevind ·

Glo Katy Perry sou geen woord gerep het as haar beroemde vriende nie hierdeur geraak is nie. Ongelooflik dat mense hul vendetta teen Trump absoluut stel voor enige redelikheid of erkening vir wat hy vir Amerika doen. Maar nou ja, as mens so ryk is dat jy nooit weer hoef te werk nie, sal dit jou min skeel dat werkloosheid daadwerklik verminder het want jy het geen benul hoe die ander 98% leef nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.