YouTube, Facebook blok rekeninge van Oekraïnse separatiste

‘n Soldaat van Oekraïne staan wag op die grens tussen Oekraïne en Rusland. (Foto: STEPANOV / AFP)

YouTube en Facebook het Vrydag verskeie rekeninge wat verbind word met Oekraïnse separatiste geblok terwyl spanning tussen Moskou en die Weste oor Rusland se moontlike inval van sy voormalige Sowjet-buurland toeneem.

Die wegbreekstreke teen die grens met Rusland is in ʼn gewapende konflik met die Oekraïnse weermag gewikkel sedert Rusland die Krim-skiereiland in 2014 geannekseer het.

Verskeie kanale wat bedryf word deur separatiste-owerhede in die selfverklaarde Lugansk People’s Republic en die Donetsk People’s Republic is ontoeganklik.

Die Lugansk People’s Republic het op sy amptelike nuuswebwerf gesê sy kanale is “sonder verduideliking” geblok.

Die kanaal van die Lugansk-inligtingsentrum was Vrydag af en ʼn diensboodskap het gelui dat dit “opgeskort is weens die skending van YouTube se gemeenskapsriglyne”.

Verskeie ander separatiste-kanale het dieselfde boodskap gedra, ook dié van die departement van inligting en die “volksmilisie” van die Donetsk-vesting.

Facebook het ook die blad van Lugansk se “volksmilisie” geblok, het ʼn verteenwoordiger van die selfverklaarde republiek aan die Russiese staatsdiensagentskap RIA Novosti gesê.

Daar was nie dadelik kommentaar van die Silicon Valley-reus nie.

Oekraïne en sy Westerse bondgenote beskuldig Rusland daarvan dat hy die separatiste steun deur wapens en troepe oor die grens te stuur. Moskou ontken dit.

Westerse leiers het die afgelope paar maande alarm gemaak oor ʼn moontlike Russiese aanval, terwyl Moskou reeds meer as 100 000 troepe teen sy grens met Oekraïne ontplooi het.

Moskou hou vol hy het geen planne om Oekraïne in te val nie, maar het terselfdertyd verskeie veiligheidseise gemaak. Dit sluit in ʼn verbod op Oekraïne se aansluiting by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), in ruil vir de-eskalasie van die konflik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Waarnemer ·

Is dit die begin vd 3de wereld oorlog?Gaan CR sy troepe stuur en die zrudkies help?

Marshall ·

In 2008 I gave an after hours lecture to fellow academics at a Canadian university. I related how Globalist Big Business always controls the narative by owning all mainstream media companies. A good example is Rhodes purchasing most newspapers in SA and then instructing the editors to publish untrue anti-Afrikaner propoganda prior to the Anglo-Boer War. (References ” Vengeance as a Policy in Afrikanerland” by Dormier editor of the Johannesburg Star, and “The Boer War its Causes and Effects” by Hobson). At the lecture I explained that the Globalist Corporations were petrefied by the flow of opinions which they could not control being expressed on the Internet. I predicted censorship of any voices which opposed the Globalist narrative. As Newton said “The highest proof of the validity of a hypothesis is its ability to accurately predict realities”. My prediction is now a reality. Orwell’s 1984 on steroids.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.