YouTube se hoogsbetaalde is net nege jaar oud!

Ryan Kaji (Foto: Ryan’s World)

Die negejarige Ryan Kaji het verlede jaar meer as R433 miljoen verdien uit Ryan’s World, sy uiters gewilde YouTube-kanaal, en is tans die hoogsbetaalde YouTuber ter wêreld.

Kaji, van Texas in die VSA, verdien die grootste deel van sy inkomste deur middel van speelgoedresensies en unboxing-video’s vir kinderspeletjies op sy kanaal.

Kaji se ma het Ryan’s World in Maart 2015 begin nadat hy haar gevra het hoekom hy nie ook op YouTube is waar al die ander kinders is nie. Sy YouTube-kanaal het later uitgebrei na sy eie speelgoedreeks en klere met Ryan’s World se logo daarop. The Guardian berig hy kry ook eersdaags sy eie televisieprogram op Nickelodeon.

Ná die groot sukses van sy YouTube-kanaal het sy gesin hul oorspronklike van, Guan, verander na Kaji om by sy kanaal aan te pas. Hulle bestuur nou nege YouTube-kanale waarvan Ryan’s World die bekendste is met meer as 41 miljoen intekenare.

Kaji se bekendste video tot dusver, “Huge Eggs Surprise Toys Challenge”, het meer as 2 miljard trefslae gekry, wat dit een van die 60 bekendste video’s van alle tye op YouTube maak.

Die res van die lysie van hoogste betaalde YouTubers bestaan onder andere uit ʼn sesjarige van Rusland, ’n 32-jarige wat opvoedkundige video’s vir kinders maak, en ʼn grimeerkunstenaar.

Hier is YouTube se lys van tien hoogsbetaalde YouTubers vir 2020:

  1. Ryan Kaji (sowat R433 miljoen)
  2. Beast (sowat R353 miljoen)
  3. Dude Perfect (sowat R338 miljoen)
  4. Rhett and Link (sowat R294 miljoen)
  5. Markiplier (sowat R287 miljoen)
  6. Preston Arsement (sowat R279 miljoen)
  7. Nastya (sowat R272 miljoen)
  8. Blippi (sowat R250 miljoen)
  9. David Dobrik (sowat R235 miljoen)
  10. Jeffrey Lynn Steininger (sowat R220 miljoen)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SwartBees ·

Dat hy n killing maak om net simpel speel goed oop te maak en te review uit die oogpunt van n kind. Dis soos om te kyk hoe gras groei. Wat nog meer siek is, is die aantal saai siele wat gelok word om te kyk.

LD ·

En ek is seker as een van julle dit begin het en die geld so inrol sou julle nie gedink het dis siek nie! Dis iets eenvoudigs waarmee hulle goeie geld maak, ek sien niks fout daarmee nie! Daar is baie dinge wat elkeen van ons elke dag gebruik wat ñ idee of ñ uitvindsel was wat vir daardie spesifieke persoon baie geld gemaak het en ons almal is maar met iets ñ “saai siel” volger…..

LD ·

Ag asb! Dis iets eenvoudigs waarmme hulle geld maak, as dit iets anders was het almal seker weer daaroor ook gal gebraak! Maar as dit “jy/julle” was, sou dit niks snaaks gewees het nie….. Kudos vir die wat uit die boks kan dink en kan geld maak uit iets so kleins!

Jakez ·

En hier werk ek al vir amper 25 jaar en verdien nie eers naastenby in ‘n jaar wat die knapie in ‘n dag maak nie…

Kompas ·

Lyk vir my meer of dit die ma is wat die youtube video’s maak en nie die kind. In die video wat ek na gekyk het is hy omtrent net vier jaar oud.

Menan ·

Natuurlik is dit die Ma. So ‘n klein kind is mos nie tegnies bevoeg om dit te doen nie. Baie slim Mamma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.