YouTube skort ook Trump se kanaal op

Die Amerikaanse pres. Donald Trump waai vir ‘n skare in Alamo. (Foto: Mandel Ngan/AFP)

YouTube, wat aan die aanlyn reus Google behoort, het die Amerikaanse pres. Donald Trump se kanaal vir ʼn week lank opgeskort en ʼn video verwyder wat sy beleid teen die aanhitsing van geweld oortree. YouTube is die jongste sosialemediaplatform wat die president se rekening verbied het ná verlede week se bestorming van die Amerikaanse kongresgebou.

Trump se toegang tot die sosialemediaplatforms wat hy tydens sy termyn as megafoon gebruik het, is nou grootliks stilgemaak sedert ʼn gewelddadige skare van sy ondersteuners die gebou in Washington verlede week stormgeloop het.

Die platforms voer aan die verbitterde leier kan sy rekeninge gebruik om meer onrus op te stook voor aangewese pres. Joe Biden se inhuldiging.

“In die lig van kommer oor die voortgesette moontlikheid van geweld, het ons die nuwe inhoud wat op Donald J. Trump se kanaal opgelaai is, verwyder omdat dit ons beleid oortree,” het YouTube in ʼn verklaring gesê.

Trump se kanaal word nou “ook tydelik verhoed om vir ʼn minimum van sewe dae nuwe inhoud op te laai”, lui die verklaring.

Die platform sê hy gaan die opsie om kommentaar te lewer op Trump se kanaal ook onbepaald afskakel en het veiligheidsredes vir dié besluit aangevoer.

Facebook het verlede week Trump se Facebook- en Instagram-rekeninge opgeskort.

Ná die aankondiging het Facebook se uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, gesê Trump het die platform gebruik om geweld uit te lok en hy is bekommerd dat hy gaan voortgaan om dit te doen.

Twitter het ʼn stap verder gegaan en Trump se rekening uitgewis – en hom ontneem van sy gunstelingplatform. Twitter het vantevore reeds waarskuwings by Trump se twiets oor die uitslag van die verkiesing geplaas.

Die maatskappy het ook meer as 70 000 rekeninge uitgevee wat verbind word met die QAnon-samesweringsteorie wat aanvoer dat Trump ʼn geheime oorlog voer teen ʼn wêreldwye kabaal van satanistiese liberale.

Dienste soos Snapchat en Twitch het Trump ook geskors.

Die president se YouTube-kanaal het 2,77 miljoen intekenare.

Die tuisblad wys ʼn video van ʼn maand oud van Trump wat twyfel uitspreek oor die kiesproses in November se presidentsverkiesing en is reeds sowat 5,8 miljoen keer gekyk.

Dinsdag het ʼn drukgroep ʼn beroep op YouTube gedoen om soos die ander platforms ook Trump se rekeninge op te skort. Hulle het gedreig met ʼn advertensieboikot van die platform indien dit nie gedoen word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Pieter ·

Dit is kommerwekkend dat iemand netso die stilswye opgelê kan word sonder enige proses van verhoor. Dit dui op eenrigting denkwyse wat slegs aanvaar word en duidelik diktoriaal en kommunisties van aard.

Die bestorming van die Kongresgebou; buitelandse nuusbronne dui aan dat daar ook Black Lives Matter lede teenwoordig was. Die linkse groepering het deelgeneem om Trump te sink deur die momentum van geweld te eskaleer. Dit was ‘n goeie geleentheid.

En ‘n swart polisieman het die wit vroulike betoger doodgeskiet. Doodse stilte.

Pieter ·

Wie is die drukgroep? Weet tech is eindlik die gemors en ewel. 100% Trump supporter.

Piet ·

Elke reg het perke. As jy ‘n openbare platform gebruik om geweld aan te hits en leuens te versprei, moet jy stilgemaak word.

Wakkerslaper ·

Piet, en die leuens en bedrog wat die Demokrate en libtards verkondig en pleeg is aanvaarbaar? Jy kan sê wat jy wil, daar was beslis iets nie pluis met die VSA verkiesing nie. Die resultate van seker state se pos-stemme klop eenvoudig nie… As ‘n gemiddelde Amerikaner sou ek bitter ongelukkig met die situasie gewees het…

Piet ·

Geen bewyse nie so jou stellings is hap na grashalmpies. Dit klop nie? Oorgetel en dit klop nog nie, hoeveel keer moet hulle oortel. Die onlangse goewerneursverkiesings het ook seker nie geklop nie, ne? Trump is ‘n leuenaar en word telkens uitgevang.

Oomniklaassevriend ·

Big tech en Noord Korea haat albei vryheid van spraak.

Human ·

Don The Con, se dae is getel, hy is oppad, oppad tronk toe, wat ‘n patetiese voorbeekd van ‘n mens. Sy oranje oorpak is klaar uitgesit vir hom en sy gatgabbas wag in afwagting vis sy koms.

Piet ·

Nie manier dat hulle hom in die tronk sal sit nie. Hulle sal nie waag om daai presedent te skep waar presidente vervolg kan word nie. Dan gaan Obama en Bush ook vervolg moet word.

Sal lekker wees om die Nik Nak agter tralies te sien

Human ·

“I beg to differ” Obama en Bush is nie ondersoek vir belastingontduiking en bankbedrog deur die staat van NY soos Trump en die FBI ondersoek klagtes van sedisie en aanhitsing tot geweld, gepleeg deur Don The Unstable Con.

Piet ·

Goeie ding om hom heeltemal te isoleer, totaal en al ‘n gevaar vir die samelewing veral gegewe sy posisie. Sy kop het nou heeltemal uitgehaak. Hulle moes hom al in hegtenis geneem het. Aanhitser van geweld soos Malema. Hy gaan nog tronk toe, net ‘n kwessie van tyd. Ons wag nog vir sy bewyse van verkiesingsbedrog….

Tanniepetoors ·

Hoe gouer die VSA van Donald Trump ontslae raak, hoe beter vir wêreldvrede en die ekonomie. Sy optredes en uitlatings die afgelope paar jaar het Amerika onherroeplike skade berokken. Die ekonomiese groei onder Trump is en was kunsmatig oordryf. Die man se kop raas.

Wakkerslaper ·

Tanniepetoors – tot watter mate het Pres. Trump die VSA skade berokken? Lees gerus my antwoord op Human se kommentaar.

Tanniepetoors ·

Het jy al gaan kyk waarvoor die Republikeinse party in Amerika eintlik staan? Met hul standpunte en oortuigings is daar nie fout nie, met Trump se optrede en uitlatings wel.

Piet ·

Jy’s seker nie ernstig nie. Rasse-haat aangeblaas, geweld aangeblaas, leuens vertel om die demokrasie te bedreig, voormalige goeie vriende van die VSA die harnas ingejaag, duisende Amerikaners laat sterf weens apatiese houding teenoor Covid, ens. ens, ens.

Luister ·

Kunsmatig oordryf deur wie? Die pers? Seker maar deur Trump self, nè?

Adam Adriaan ·

Die NWO het hulle sin gekry deur bedrog in die verkiesing. Donald Trump het loodreg in die pad gestaan van die NWO drywers. Die gene wat hulle verbeel dat hulle god is(en die oorgrote meerderheid van die wêreld bevolking glo hulle, die waarheid bestaan nie by hulle nie, net die leuen) Daarom die uitermate haat teenoor hom. Let maar op wat gaan gebeur in die toekoms. Alles wat net lyk/ruik of voorkom dat daar ‘n Christelike waarde in is. sal hand en tand beveg word, met die Demokraties party van die VSA aan die voorpunt. Gelukkig veg hulle ‘n verlore stryd. Hulle sal nog hulle drag slae kry en gaan ek lekker lag.

Piet ·

So jy reken dis goeie Christelike waardes om geweld aan te hits en leuens te versprei? Moet asseblief nie Christenskap hier probeer inbring nie jy beswadder die waardes van ware Christene..

Tanniepetoors ·

Waar het jy die idee gekry dat Trump sodanig Christelike waardes voorstaan? Die man hits geweld en rasse-onverdraagsaamheid aan. Los jou geloofsoortuiging uit jou politieke menings. Dis soos vet op ‘n vuur – veroorsaak net moeilikheid.

Wakkerslaper ·

Piet en Tanniepetoors. Vals – Pres. Trump en die Republikeine steun onder ander pro-lewe en wil aborsie stop! Al meer as genoeg rede om hulle eerder as die liberale Demokrate te steun. Pres. Trump het geweldig baie steun onder swart Amerikaners en Latyns-Amerikaanse burgers gekry – dit wil die libtards nie erken nie. Die Republikeine is baie meer Christelik georiënteerd as die liberale Demokrate. Pres. Trump het weer verwys na ‘n “Merry Christmas” in die Withuis se Kersboodskap en nie na die liberale Demokrate se “Happy Holidays” nie… en so kan ek aangaan.

Piet ·

Word wakker, kan jy asseblief vir ons by wyse van BEWYSE aantoon dat Republikeine meer Christelik is as Demokrate. Aborsie is wettig in omtrent ALLE sg. Christelike lande in die wereld. So is dit al jare wettig in die VSA onder Republikeinse en Demokratiese beheerde regerings. Boonop is daar vir en teen aborsie ondersteuners in albei daai partye. Eintlik het dit bittermin met Christenskap te doen, dis ‘n morele kwessie. So terloops, die Bybel se NIKS van aborsie as sulks nie.

Johannes ·

Donald Trump het geen Christelike waardes nie en het bloot met sy mooi praatjies Christene mislei!

Buks ·

Ek delete sommer nou my google rekeninge en youtube. Ek dink ek maak nou my foon ‘n degoogled foon.

Charles ·

Big Tech moet ook maar China Joe Xiden se rekeninge toemaak, hy en sy posse is ook nie so onskuldig soos deur sosiale media gepropageer nie,

Alet ·

Stem absoluut saam. Veral nie sy sieninge oor aborsie nie. Glo nie daar is eerlike regeringsamptenare erens daar buite nie. Almal het verskuilde agendas en belowe die son maan en sterre sodat almal elk geval net na hulself kan kyk en eie pockets line. Gee nie ‘n snars om vir ander nie.

Piet ·

‘n Mens moet wonder oor die intelligensievermoe van diegene wat trompetter se leuens so vir soetkoek opeet.

Wakkerslaper ·

Tipies… as iemand nie die anti-Christelike liberale agenda steun nie, word hulle swart gesmeer en beledig, of soos tydens vele BLM optogte aangerand of selfs gemoor…

Hennie J ·

You aint seen nothing yet! Wag tot die anc sy meerderheid in die parlement verloor, dan sal jy sports sien.

Kokerboom ·

Ongelukkig is die gemors in SA 10 voudig groter met GEEN vooruitsig van verandering. Dus neem ek net kennis van VSA maar bekommer my nie daaroor. Hul is ten minste volwasse om hul toekoms uit te sorteer

Wakkerslaper ·

Wanneer anti-Christelike, BLM liberaliste die strate invaar, winkels plunder en aan die brand steek, mense en polisiemanne aanrand en moor word dit beskou as “aanvaarbaar” as “geregverdig” as “vreedsaam” en hierdie arme “slagoffers” se “reg”…

Maar laat konserwatiewe, pro-Trump, pro-lewe, pro-Christelike normes en waardes ondersteuners nou ‘n optog hou en, reg of nie, die Withuis binne storm (wat die BLM hordes terloops ook probeer het), dan is die hel los. Hierdie mense word nou tot in die fynste detail opgespoor, uitgewys, vuil gesmeer en vervolg!

Die aanslag en vervolging van regdenkende, konserwatiewe Christene het voorwaar begin…

Natasha ·

Wanneer SA polikuste (julle weet van wie ek praat) sosiale platforms gebruik om geweld aan te hits dan skel almal hulle moet stil gemaak word en hulle rekeninge gesluit word, maar nou dat dit Trump oorgekom het nou is dit verkeerd? Bietjie dubbelsinnig is dit nie? Dit gaan nie net oor die storm van die Kongresgebou nie, maar aanhitsing tot geweld en valse inligting oor die laaste 4 jaar. Vryheid van spraak kom met disipline en selfbeheersing. In die privaatheid van jou huis kan jy sê en maak en breek soos jy wil, maar in die publiek (veral as jy ‘n publieke figuur is) kom dit met baie verantwoordelikheid en sosiale platforms is deel van die publieke oog. So het ons al menigte male gesien met mense wat oor die kole gehaal is en posisie en ampte verloor het oor wat hulle op sosiale platforms kwyt geraak het nog voor hulle roem gehad het. Trump het menigte waarksuwings gekry en wou nie ag slaan nie. Wat het julle gedink gaan gebeur. FB “jail” jou 3 keer dan sluit hulle rekening outomaties

Piet ·

Alhoewel ek dink Oranje Don die domste soogdier op aarde is, is hierdie “big tech” senuur van ‘n demokraties verskiesde leier absoluut onaanvaarbaar. Donnie moet in die woud saam Hillary gaan bly vir die res van sy lewe, maar hy is die president en dus deur hom stil te maak wys jou magtig ons die tech oligarge gemaak het en ons almal gaan daar onder lei

Wakkerslaper ·

Stefaan, want die waardes en denkwyses van malema en BLM en hulle soortgelykes pas die anti-Christelike, liberale agenda soos ‘n handskoen…

JJ ·

Dit is nie net Trump nie. Dit is enige meningevormer met konserwatiew waardes. Dit is maar die begin. Dis hoe Hitler se party dit ook gedoen het en aan die begin het die mense stil gebly….

Piet ·

Indien dit die doel is van “konserwatiewes” om rasse-haat aan te blaas, geweld aan te moedig, leuens te vertel om demokrasie te vernietig, ens. moet hulle onmiddellik in die bek geruk word.

Marianna ·

Dit is so jammer dat die Biden aanhangers nie dieper kyk in wat aan die gebeur is nie. Besef hulle nie dat Biben hand om die blaas is met mense soos Bill Gates en andere nie? Besef hulle nie dat die wereld op die oomblik deur die Chinese oorgeneem word nie. Mense gaan nog wens Trump was maar liewer die president. Jy mag deesdae nie meer die WAARHEID praat nie. Die waarheid het ‘n misdaad geword. Jy moet soos ‘n spul skape reageer. Neem maar die vaksiene ook. Glo maar al die leuens wat vir julle vertel word.

Jan Hendrik ·

Ja en Nou will die banke en PGA him ook kelder . Dis hoekom EK Maroela Lee’s . Hoofstroom media is wereldwyd deel van die smeerveldtog . Hulle gaan ontbloot word . As jy nie hulle leuens glo nie is jy of verregs of deel van n samesweringsteorie …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.