Ysbeer wat kameraman byt dalk geskiet

Argieffoto. (Foto: Danny Lawson, AP)

ʼn Ysbeer van Groenland se dae is dalk getel nadat hy die hand van ʼn filmspanlid gebyt het wat ʼn dokumentêr verfilm het.

Dit is glo ook nie die eerste keer dat die beer moeilikheid maak nie en owerhede dreig nou om die beer te skiet, sou hy weer met mense in aanraking kom.

Die beer het glo vroeër die week sy kop deur die venster van die navorsingseenheid, waar die filmspan tuisgaan, gedruk en die hand van een van die mans in die filmspan gebyt. Spanlede kon die dier darem verjaag deur ʼn aantal waarskuwingskote met pistole af te vuur.

Die moeilikheidmaker word verbind met vyf ander gevalle waar hy lede van die publiek geterroriseer het. Hy word nou deur owerhede as ʼn “probleemgeval” beskou. “Dit beteken dat die beer doodgeskiet mag word indien hy weer naby mense kom,” het ʼn lid van die Deense militêre eenheid aan AFP gesê.

Die Noordpoolgebied in Denemarke beleef tans ongewoon warm temperature en ysbere wandel al hoe verder uit hul woongebied op soek na kos. Hul soektog na kos lei hulle ook dikwels na menslike nedersettings, waar hulle in aanraking met mense kom.

Tydens die mees onlangse hittegolf is temperature van meer as 23  ̊C hier aangeteken. Kenners sê dié warm temperature dwing ysbere om langer aan land te bly en maak dit vir hulle moeiliker om kos te vind.

Luidens ʼn studie wat in Julie verlede jaar gepubliseer is, is daar tans net 25 000 ysbere in die wêreld oor. Daar word verwag dat hulle binne die volgende 100 jaar heeltemal sal uitsterf.

Die televisienetwerk CBS het boonop vandeesweek berig dat die Amerikaanse regering dit oorweeg om koningspikkewyne nou ook as bedreigde spesie te lys, weens die bedreiging wat aardverwarming vir die voëls inhou. Dít is omdat ys in die see, wat dié pikkewyne gebruik om te broei, nou al hoe minder word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Vonkprop ·

Ek stem 100% saam. Ek dink die diere kom ook bymekaar en sê vir mekaar as ons weer daardie mense sien dan byt ons hulle. Hulle is probleem mense. Dit het mos nou ons oplossing vir alles geword. Wis uit wat ‘n probleem is.

Tiptol ·

Hierdie afduimpies is seker iemand wat lief is om diere te skiet en hul koppe in hul huise te hang.

pestilensie ·

Afgesaagde redenasie , wat is jou oplossing vir die mensdom probleem ? Betwyfel of daar n oorpopulasie in die noordpool is ( mense)

FBS ·

Die verskoning wat so graag gebruik word ons wou n dokumentêre film maak. Dan kyk ’n mens na die film dan is dit nie ’n dokumentêre film nie, maar ’n film oor ’n skrywer se idee van ’n dokumentêr film.
Gee die dier sy privaatheid en beperk al die films. Dan sal geen mens se hand gebyt word nie.

Tiptol ·

In sy eie natuur en wêreld is hy ‘n’ probleem’ en ‘terroriseer’ hy die mens. Hoe verkeerd is dit nie. Dan wil die mens hom nog skiet al is hul besig om uit te sterf en oor 100 jr nie gaan bestaan nie. Siek wêreld.

Ouvrou ·

Ek stem saam met Stephen … Los die diere in die natuur uit … Bly weg …. Mense is die probleem ,,

Chappie ·

Los die beer en sy omgewing en niemand sal gebyt word nie…

Sandra ·

Ek stem saam die mens is die probleem. Ek wil nie eens n mening gee van hoekom die ou se hand juis gebyt is nie. Heel waarskynlik probeer om aan die beer te vat. Nou moet die beer boet vir die mens se domheid.

JohanR ·

Dis ‘n wilde dier…..moenie die ysbeer skiet nie, gee die kameraman nog ‘n klap!

annie ·

Stadsjapies wil mos altyd die wilde diertjies streel soos hul eie-eie troeteldiertjies… Baie slim.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.