Ysberg byna so groot soos Pta skeur binnekort los

Die Larsen C ysberg van meer as 5 000 vierkante kilometer (Foto: Nasa)

ʼn Enorme ysberg van meer as 5 000 vierkante kilometer gaan volgens kundiges binne die volgende paar dae van een van die grootste ysberge in Antarktika wegskeur en in die Weddell-see invloei.

Wetenskaplikes hou dié skeur, wat al langer as 160 km is, reeds vir ʼn geruime tyd dop, aangesien dit sal lei tot die wegbreek van een van die tien grootste stukke ys nóg in Antarktika.

Die Larsen C-ysbank, soos dié ysberg bekend staan, is al vir etlike jare een van die grootste van sy soort.

Volgens die jongste inligting moet dié los stuk ys maar nog net 4,5 km skeur voor dit van die ysberg wegbreek.

Prof. Adrian Luckman, ʼn wetenskaplike van die Swansea-universiteit in Wallis, wat dié natuurlike verskynsel al vir ʼn geruime tyd dophou, sê dié stuk ys sal geen invloed op watervlakke hê nie, aangesien daar reeds ʼn groot gedeelte van die ys in die water dryf.

Die skeur in die Larsen C ysberg van meer as 5 000 vierkante kilometer (Foto: Nasa)

Volgens die Europese Ruimteagentskap sal dié stuk ys meer as 160 m in dikte meet en sal die ys meer as 1 biljoen ton weeg.

Wetenskaplikes stem nie almal saam oor dié natuurverskynsel nie.

Helen Amana Fricker, ʼn Antarktiese wetenskaplike, sê daar is geen rede om die verskynsel met klimaatverandering te verbind nie.

“Daar is geen rede tot kommer nie. Groot verskynsels soos dié is normaal en kom al vir dekades, eeue en millennia voor op siklusse wat baie langer is as die menslike leeftyd,” sê sy.

Eric Rignot, verbonde aan NASA en die universiteit van Kalifornië, stem egter nié met Fricker saam nie.

Rignot sê die verskynsel kan alleenlik aan klimaatverandering in die skiereiland toegeskryf word. Hy sê daar was die laaste paar jaar ʼn toename in hierdie verskynsels wat ʼn aanduiding is dat klimaatverandering daarby betrokke is.

Wetenskaplikes stem egter saam dat dié verskynsel in die stadium geen gevaar inhou nie.

Die Larsen C ysberg van meer as 5 000 vierkante kilometer (Foto: Nasa)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MCH ·

Wonderlik dat die wetenskaplikes verskil oor die rede vir die skeur. Dit wys net dat hul ook maar net afleidings maak gebasseer op hul kennis, orientasie en voorkeure. Met ander woorde teorië. Vir die een is dit n natuurlike verskynsel wat millenia reeds voorkom en as sulks gepredik word. Vir die ander is dit n direkte gevolg van klimaatsverandering wat gesubstansieer word deur rye en rye data oor die koolstof vlakke in die atmosfeer die laaste dekades. Dieselfde anomalie geld tov die paleontologie wat beweer die gebeentes van uitgestorwe spesies is der miljoene jare oud. Dan gebeur dit soos in 2012 waar skeppingsaanhangers hul uitgedaag het om te toets vir koolstof 14, n element met n halfleeftyd van 5730 jaar. Na 100 000 jaar sal geen spoor van die element te vinde wees in so n ou gebeente nie. 65 miljoen jaar oud volgens hul bewering. Nadat groot sorg gedra is dat kontaminasie nie plaasvind nie, toets die gebeentes postief vir redelike vlakke van koolstof 14. Die resultate was 2 weke op die webwerf beskikbaar en daarna verwyder aangesien dit nie strook met die universele teorie van n ou aarde nie. Nè!

Oudste ·

MCH, ja, kyk gerus Prof Walter Veith se navorsing oor die teorie dat die aarde miljoene jare oud is, en dit weerle. Die miljoene jare oud teorie is net so ‘n groot foefie soos aardverwarming. God het die aarde is geskape as ‘n lewende entiteit, alles op en binne in die aarde lewe / beweeg en met dit, kom verandering. Aardbewings en vulkane veroorsaak verandering, so ook die beweging van die tektoniese plate, wat nie noodwending lei tot aardbewings en aktiewe vulkane nie.

B-man ·

Koolstofdatering is net van toepassing op gesteentes/minerale/fosiele wat jonger is as 60 000 jaar en ouer as 5 730. Ouer monsters word gedateer met radiometriese metodes, m.a.w. elemente met ‘n hoër halfleeftyd. Koolstof is die meetbare element met die kleinste halfleeftyd.

Die aarde se wentelbaan neig tans al nader aan die son, ‘n groot rede vir temperature wat jaarliks styg. Maar net so sal die aarde daarna weer, in sy eliptiese wentelbaan, weg wyk van die son en sal die aarde weer in ‘n ystydperk ingaan. Die gletsers sal weer vorm en derduisende jare neem om weer te ontdooi.

Ek dink dis goed dat daar van die gevriesde waterreserwes losbreek in ons “geslote sisteem-eksperiment” (planeet aarde). Nou is daar meer water beskikbaar wat kan verdamp, kondenseer en neerslaan. Dalk sal die land dan meer reën kry. Al is dit so ‘n bietjie warmer elke jaar…

Cherokee ·

MCH, jy maak ‘n groot fout wanneer jy diè wat jy ‘skeppingsaanhangers’ noem, afsonder van diegene wat in die ‘ou-aarde’ teorie glo. Ek is een van vele wat glo dat die aarde miljoene jare (na beraming 4½ biljoen jaar) gelede tot stand gekom het as ‘n kunswerk deur die Skepper van die heelal.

MCH ·

Cherokee,
Met die eerste maansending het NASA wetenskaplikes bereken dat die stof n paar meter dik moes wees wees op die maan juis agv die blijoene jaar teorie. Met die eerste maanlanding was dit slegs n paar sentimenter dik. Heeltemal in ooreenstemming met n jong aarde teorie. Ek dink ons moet maar versigtig wees indien ons teorretiseer oor n ou aarde. Dis soos n halfvol uurglas met sand wat uitloop. Ons weet dit loop leeg. Ons kan min of meer die spoed van die sand bepaal en voorspel wanneer dit begin uitloop het. Maar, ons weet die of die sand vroeër natter of droër was nie, dus,steeds n teorie. Ons was nie daar nie en dus raai ons. By Mt. St Helens in die VSA het n rotsformasie van 8m tot 12m binne 6 ure gevorm. Toetsing n paar jaar later om die ouderdom te bepaal, het aangetoon die rotsformasie is tussen 250 000 en 350 000 jaar oud. Massale foutspeling! Met hierdie artikel het ons weer n pragtige bewys van hoe wetenskaplikes oor dieselfde onderwerp, beide met feite waar op hul stelling gebasseer is, verskil. Ek verkies maar om vas te hou aan die Woord in hierdie wêreld van verskille.

Cherokee ·

MCH, net soos jy hou ek ook vas aan die Skrif. En as die wetenskaplikes en ander navorsers nie tot ‘n vergelyk kan kom nie, is daar geen manier waarop jy en ek dit hier kan debatteer nie. Laat my egter toe om te verduidelik waarom ek ook mý siening as Skrif-gebaseerd sien; ons glo dat daar ‘n baie lang tydperk (kon) verspeel het tussen die eerste en die tweede verse in Genesis. Want wat God skep is nie donker en met water bedek nie maar perfek. Die tyd voor dit was die van Miss Pless en die dinasaurusse. Dit wat ons dan van leer kon ‘n herskepping gewees het wat beskryf word vanaf die 2de vers. As enigeen van ons die Bybel presies kon uitlê sou daar nie vrae gewees het soos bv wie Kain se vrou was nie. Ek lees en ek aanvaar soos dit vir my sin maak en laat geen weg oop vir ‘n agnostikus nie want ek wil ‘n verklaring vir alles hê. Dit verhoed vrae soos oor Kain se vrou.

MCH ·

Cherokee,
Ek het geen probleem daarmee dat ons verskil oor sake nie, tot die wetenskaplikes verskil. Genesis 1:1 se In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Dus tyd, ruimte en materie. My hele kommentaar is gebasseer op die feit dat die Dino gebeentes wat 65m jaar oud sou wees, wel koolstof 14 bevat het wat bewys dis bitter baie jonger as beweer. Kain se vrou is ook nie n probleem vir my die. Hy het met n suster of n broers kind getrou. Adam het heelwat seuns en dogters gehad en DNA is perfek geskep. Die ondertrouery met familie is baie, baie jare later eers verbied. Groetnis

Jacobus ·

Ek lewer liewer geen kommentaar op jou kommentaar nie….of het ek nou kommentaar gelewer?

Henry 59 ·

My wiskunde laat my in die steek, 5000 vierkante kilometer is baie groter as Pretoria, van Pretoria Kaap toe is nie eers 1600. Of hoe………………..Die opskrif en inhoud van die berig strook nie………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.