Ysingwekkende teorie oor vermiste vlug MH370

Argieffoto

ʼn Span lugvaartkundiges het dié week tydens ʼn paneelgesprek op die Australiese joernaalprogram 60 Minutes ʼn ysingwekkende teorie voorgelê wat volgens dié span aanleiding tot die MH370-lugramp in 2014 gegee het.

Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 verdwyn terwyl dit vanaf Kuala Lumpur na Beijing op pad was. Daar was 239 mense aan boord en die vliegtuig is nooit opgespoor nie. ʼn Drie jaar lange soektog na die Boeing 777 is in Januarie verlede jaar gestaak.

Washington Post berig die kundiges het tydens die gesprek gesê van die 239 mense aan boord was 238 waarskynlik bewusteloos kort voordat die vliegtuig van die radar verdwyn het, en dus totaal onbewus van die feit dat hulle op dié vlug sou sterf.

Die vinger word gewys na Zaharie Ahmad Shah (53), die vlieënier wat volgens die kundiges die enigste mens in die kajuit was wat nié bewusteloos was nie. Hy wou glo sy eie lewe tydens die vlug neem en daarmee saam ook 238 ander mense vermoor, iets wat hom aan voorbedagte massamoord sou skuldig maak.

Die kundiges is van mening dat Shah die beheerde druk in die kajuit verminder het wat veroorsaak het dat die passasiers hul bewussyn sou verloor indien hulle nié suurstofmaskers gedra het nie. Die kundiges meen dié teorie sou ook die stilte aan boord van die vliegtuig verduidelik kort voordat die vliegtuig verdwyn het, die feit dat geen van die passasiers boodskappe aan geliefdes gestuur het nie, geen noodoproepe gemaak is nie en dat die radiotoring geen kommunikasie van die vlieënier oor ʼn noodtoestand ontvang het nie.

Volgens die paneel dui die ondersoek daarop dat die vliegtuig by twee afsonderlike voorvalle bo Penang in Maleisië, Shah se tuisdorp, na links gedraai het – volgens die kundiges sodat hy vir ʼn laaste keer oor die dorp kon uitkyk.

Larry Vance, ʼn ondersoekbeampte wat aan die hoof van die MH370-ondersoek was, het tydens die paneelgesprek gesê die ware gebeure rondom dié ramp sal waarskynlik nooit bekend wees nie, maar daar is volgens hom tog wel teorieë wat meer sin maak as ander. “Die teorie wat die meeste bespreek word, is dat die beheerde druk binne die kajuit verminder is,” het hy gesê. “Shah was vermoedelik besig om selfmoord te pleeg. Ongelukkig het hy al die ander passasiers aan boord ook vermoor – en hy het dit doelbewus gedoen.”

Simon Hardy, ʼn senior Boeing 777-vlieënier en vluginstrukteur, het gesê hy het veral ondersoek ingestel na die rede waarom die vliegtuig meer as twee keer bo Penang na links gedraai het. “Ek het probeer uitpluis wat die tegniese rede hiervoor kon wees, en ná twee maande het ek dit besef: Iemand was besig om by die venster uit te kyk. Dit was moontlik ʼn totsiens aan sy [Shah] se tuisdorp.”

Argieffoto

Vroeër die jaar is weer berig dat daar ná vier jaar steeds nie antwoorde is waarom die vliegtuig verdwyn het of waar die wrakstukke van die vliegtuig is nie. Die paneel kundiges het daarom een van die moeilikste vra rondom die ramp probeer beantwoord: Hoe kan ʼn hedendaagse moderne vliegtuig wat deur satelliete en radar opgespoor kan word, net verdwyn?

Volgens die paneel het die vliegtuig verdwyn omdat Shah wou “hê hy moes verdwyn”. En die vlieënier, wat 20 000 uur vlugervaring gehad het, het al die nodige kennis gehad om so iets reg te kry aangesien hy in die proses was om ʼn vlugsimulator by sy huis te bou.

Shah en sy mede-vlieënier, Fariq Abdul Hamid, is sedert die begin van die ramp as die hoofverdagtes in die hele raaisel beskou. Onstuimighede in Shah se persoonlike lewe word sedert die begin voorgehou as rede waarom hy sy eie lewe sou wou neem. Sy vrou het ná sy dood bevestig dat hul huwelik op die rotse was en dat hy geweier het om ʼn huweliksberader saam met haar te gaan sien.

Ander teorieë is dat hy die vliegtuig gekaap het uit protes teen die inhegtenisneming van Anwar Ibrahim, die destydse opposisieleier van Maleisië.

ʼn Groep met die naam Chinese Martyrs’ Brigade het verantwoordelikheid vir die ramp geneem, maar owerhede het later gesê dit is bloot gekskeerdery.

Die jongste onsuksesvolle poging om die vliegtuig op te spoor is deur die Texas-maatskappy Ocean Infinity van stapel gestuur en het $70 miljoen gekos. Tydens die soektog is 500 vierkante myl per dag vir drie maande gefynkam. Die ondersoek het nie ʼn enkele leidraad opgelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann cb ·

Baie interessant! (En die teorie stuur koue rillings deur my!) Mens wonder dan wáár die vliegtuig se wrak werklik is! Mikien word die hele vliegtuig nét so weggesteek – passassiers en al…

CJ ·

Die teorie maak heeltemal sin. Net jammer ons as passasiers het nie vooraf n keuse van saam met watter vlieënier ons aan boord wil klim, of nie.

Teorie ·

‘n Aanvaarbare teorie, tog was daar beweer dat ‘n stuk wel opgespoor was?

leser ·

“vra maar net”
jou stukkie inligting verskaf klink meer na die ware jakop wat met mh370 gebeur het
al die fasiliteite op diego garcia is daar
‘n vliegtuig van daardie grootte kan nie net “spoorloos” verdwyn nie

JL ·

Maroela Media … 500 vierkante meter per dag is ‘n fout ?? Ocean Infinity kan tot 1100 vierkante KILOMETER per dag doen. Is seker dan 500 vierkante KILOMETER per dag gemiddeld.

Rabes ·

Maroela ek dink daar’s groot fout met jul beriggewing , want 500 vierkante meter is minder as 22.5 x 22.5 meter en dit kan hulle in slegs ‘n paar minute fynkam.

Cyril Blackburn ·

Dagsê lesers
Dankie vir jul kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die bewoording moes inderdaad lees “myl” en nié “meter” nie. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

m ·

Ek wonder of daai vliegtuig nie iewers weg gesteek word om later nog a 9/11 tipe aanval te doen nie.

Allan ·

@ Oom Kalahari, dit is verbywend om te sien jy is ingelig en jou kop is nie in die sand nie.

Daar is GEEN manier hoe jy nie die vliegtuig kan volg met die GPS stelsel nie, maak nie saak of jy die een in die kajuit afsit nie of nie, daar is alternatiewe ingebou. Die selfmoord maak nie sin nie.

Daar 20 ingenieurs aan boord wat ‘n nuwe “micro clip” ontwikkel het wat die inligtingsteglologie in ‘n totale ander demensie sal sit en so klein dat dit in ‘n vlieg kon pas. Raai, wie is die ENIGSTE oorblewende persoon wat nou ALLE aandele van die maatskappy besit is ons dierbare vriend “Jacob Rothschild” – HOE TOEVALLIG NE

MARCH 23, 2014 by STARSHIP EARTH: THE BIG PICTURE
Rothschild Inherits a Semiconductor Patent for Freescale Semiconductors
March 23, 2014

The disappearance of four members of a patent semiconductor traveling on Malaysia Airlines MH370 makes the famous billionaire Jacob Rothschild at the SOLE owner of the important patent.

“…A US technology company which had 20 senior staff on board Malaysia Airlines Flight MH370 had just launched a new electronic warfare gadget for military radar systems in the days before the Boeing 777 went missing. The technology it creates is commonly referred to as embedded processors, which according to the firm are “stand-alone semiconductors that perform dedicated computing functions in electronic systems.” etc, etc

JSO ·

“Although a Freescale patent does exist under number US8650327, none of the names listed actually appear on the passenger manifest released by the Malaysian authorities.”

Marinda ·

Ek voel ook hierdie vlug het nie net verdwyn nie. Dis erens.
En as ek verkeerd is, wel dan is ek verkeerd.

Die manier hoe Malaysian Airlines hierdie tragedie hanteer het, laat ook veel te wense.

Hoop die waarheid kom nog uit in ons leeftyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.