(Ys)koue oorlog woed nou weer voluit tussen Weste en Rusland

“Pres. Wladimir Poetin van Rusland”

“Pres. Wladimir Poetin van Rusland”

“Onder vriespunt” het die Nederlandse koerant, Trouw, Dinsdag die betrekkinge tussen Rusland en die Weste opgesom, na aanleiding van Rusland se houding oor die neerskiet van ‘n Maleisiese passasierstraler oor die rebellebeheerde ooste van Oekraïne.

Kort hierna het die Europese Unie en die VSA ekonomiese strafmaatreëls teen Rusland aangekondig wat Vrydag in werking tree. Die sanksies, wat voorlopig ‘n jaar lank sal geld, is veral teen Rusland se kwesbare finansiële sektor, die militêre apparatuur en die energiesektor gemik. Die maatreëls sal deurlopend geëvalueer word om die impak daarvan op Rusland se beleid oor Oekraïne te monitor, asook die impak daarvan op die Europese ekonomieë.

Tot dusver was die strafmaatreëls teen Rusland hoofsaaklik teen individue gemik, veral mense in pres. Wladimir Poetin se binnekring. Dit het behalwe beloftes van Rusland nog niks opgelewer nie, en handel tussen die VSA en Rusland het selfs toegeneem sedert die beperkende maatreëls ingestel is.

Nou, na maande van versigtige oorweging, is dit egter ‘n geval van ‘n keuse van “’n harde konfrontasie met Rusland, ‘n historiese ommeswaai waarvan niemand die gevolge kan voorsien nie,” aldus Trouw.

In ‘n “ongezoute” verklaring het die leiers van die EU, José Manuel Barroso (Europese Kommissie (kabinet)) en Herman van Rompuy (Europese Raad), na aanleiding van die neerskiet van Vlug MH17 van Malaysia Airlines, gesê as dit kom by die moord op byna 300 onskuldige burgers, vereis dit ‘n spoedige en vasberade antwoord.

Die sanksie behels die volgende:
1. Finansiële beperkinge: EU-inwoners en -ondernemings mag geen nuwe aandele of verwante produkte (behalwe staatseffekte) meer koop van Russiese staatsbeheerde en hul dogterbedrywe nie.
2. Die wapenverbod geld vir invoer en uitvoer. Ou kontrakte kan wel nagekom word.
3. Verbod op EU-uitvoer van goedere en tegnologie wat beide burgerlike as militêre toepassings kan hê en wat is bedoel is vir ‘n militêre eindgebruiker.
4. “Gevoelige produkte en tegnologie” kry net ‘n uitvoervergunning as hulle nie vir olie-eksplorasie naby die Noordpool, diepsee-olie-eksplorasie en skalie-olieprojekte in Rusland bestem is nie.

Na raming sal Rusland se ekonomie hierdeur vanjaar €23 miljard skade ly, en aanstaande jaar €75 miljard. Dit is byna 5% van Rusland se nasionale inkomste. Die skade aan die Europese ekonomie is byna net so groot. Vanjaar begroot die EU vir verliese van €40 miljard, en aanstaande jaar vir €50 miljard.

Europa, wat aansienlike hoeveelhede gas uit Rusland aankoop, is veral in die energiesektor kwesbaar teen Rusland.

Bron: Trouw en Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Amerika haal al sy beskikbare propagande uit om die gasvelde van Oekraine onwettig te vat.
Ek wonder wanneer sleep hy Brittanje saam om sy vuil werk te doen

Hy gaan hom vasloop teen Putin. Baie meer breins as Obama sou ek sê.

Ek wens tog so, vir ‘n Putin vir ‘n president.

Herman Toerien ·

Oekraïene produsser op die oomblik minder as die helfte van die gas wat vir eie verbruik nodig is. Hy is juis self kwesbaar weens sy afhanklikheid van die Russiese Gazprom. Teen 2017 sal ‘n nuwe gasveld wel in bedryf kom, maar uiteindelik sal ongeveer die helfte van Oekraïene se gasproduksie uit onkonvesionele metodes, soos skaliegas, kom. Trouens, Oekraïne het reeds Chinese tegnologie begin inspan om gas uit steenkool te produseer.
Daar is dus geen sprake van dat die VSA of enigeen agter Oekraïne se gasvelde aan kan wees nie, want dit is eintlik te onbeduidend.
Potein word feitlik oral in die wêreld laag aangeslaan in terme van sy menseregterekord. Rusland is oner meer 148ste op die internasionale persvryheidsindeks, en is selkfs swaakker daaraan toe as Ethiopië. Selfs Zimbabwe in die 135ste plek is beter daaraan toe as Rusland. Poetin is op geen manier ‘n navolgenswaardige voorbeeld nie, soos nou weer met sy disinformasieveldtog oor die neerskiet van MH 17 blyk. Sy, en sy regering se verbreekte beloftes tydens vredesamesprekings byt hom nou – om bv in te stem om druk op die rebelle uit te oefen om tot vreedsame onderhandelings oor te gaan, maar intussen wapens en selfs “vrywilligers” oor die grens te laat gaan.

VerVanRyn ·

Wag so u soek ‘n kommunisties-neigende, media onderdrukkende, grondhonger fasis wat nie skroom om politiese opponente tronk toe te stuur nie as president? Gee kans, die ANC gaan eendag aan die ontbrekende vereiste voldoen…

MM Wiese ·

Ou gesegde “What you don’t know woun’t hurt you -It’s what you know that just ain’t so” wat jou seermaak . Ooo , ja mister presstitute net soos . nou val al kaida hul aan , nou Sadam met “WOMD” , Die Shah van Iran ens ens . Van die tyd van ou Theodore af wat eerder sy buurland inval eerder as om koffie en suiker by hulle te koop , het die “puppeteers” in die VSA (soos in SA) dieselfde rekord . Vir Regte nuus , die internet Wat wil hulle werklik daar he .

Grassie ·

Die probleem in die Okraine is van die begin af deur Amerika aangestig. Hul doelwit was om militêre basisse vlak by Rusland op te rig, veral naby Rusland se vloothawe aan die Swartsee in die suide van die Krim – skiereiland. Hulle was besig om Okraine by Navo in te skakel , dan kon hulle onder die Navo dekmantel na hartelus hul troepe en toerusting tot op Rusland se voorstoep skuif. Putin kon dit nie toelaat nie want dit sou die Russe baie kwesbaar maak, daarom het hy die opstand en uiteindelike insluiting van die Krim skiereiland by Rusland ge-orkestreer, en ondersteun hy ook die rebellie aan die oostekant van Okraine.
Die passasiersvliegtuig wat afgeskiet is, is so tragies as wat dit ookal mag wees, ‘n bedekte seën vir Obama. Dit gee hom nou die geleentheid om ‘n groot propagandaveldtog te loods waarin Rusland/Putin as die vark in die verhaal bestempel word. Groot druk en sanksies kan nou teen Rusland ingestel word, oënskynlik oor die vliegtuig maar in werklikheid gaan dit oor Oos-Okraine, die Krim skiereiland en ‘n vlootbasis aan die Swartsee.
Putin is ‘n selfverklaarde gelowige Christen. Obama is wat????? Ek weet wie ek glo.

Trippie ·

Mozzie – dus geen Christen. Van Olibama het ek ongelukkig geen goeie woorde.

Putin is lojaal teenoor sy mense – ek hou van hom

Johann ·

Alle flieks wat sê: “Oh my God” het hy verban in Rusland, Trippie. Die Russiese pop groep Pussy Riot is tronk toe vir Godslastering.

Nee wat, enige tyd is Putin myle vêr voor die vertraagde Obama.

Nico ·

Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie moet liewer niks sê. Dit is duidelik al die mense wat so aan Rusland se kant is, woon nie daar nie. Dit is ‘n land waar die mafia regeer en die regering geen beheer daaroor het nie, want die regering word ook deur die mafia beheer. Julle wil nie in so land woon nie.

NA Starovi ·

Net so Grassie , Goed deurdag . Jy moet nou nog die “money trail ” ook volg . Die dollar , Putin maak hom los daarvan ,ens , Geweldig interresante teenstellings (leuens) as jy dit vergelyk met wat op die Jewtube vir ons en die Amerikaanse publiek opgedis word . NBC BBC ens . Maar minder en minder mense glo dit . Kyk bietjie hoe gedra Obamanation hom in Putin se geselskap met die ontbyt ,Soos n kind “trying to make small talk” . Putin is n Lid van die Russiese Orthodokse Kerk . Kyk bietjie wat is “brother Nathanael foundation ” se beriggewing oor O. en P.Soros ,is baie trots om te se hy verskaf die wapens . Nico , die “robber barons” is intussen uit .In die VSA kry jy n plakker wat lees “We want Putin for president”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.