Ysland besin weer oor EU

Bjarni Benediktsson. Foto: AP Photo/Frank Augstein

Bjarni Benediktsson. Foto: AP Photo/Frank Augstein

Met ʼn nuwe koalisieregering in Ysland sal dié land se parlement binnekort moet besluit of ʼn referendum gehou moet word vir aansluiting by die Europese Unie (EU).

Bjarni Benediktsson, voormalige minister van finansies en leier van Ysland se Onafhanklikheidsparty, sal die nuwe staatshoof van dié land wees nadat sy party, wat as regs bestempel word, ʼn koalisie gesluit het met twee ander partye.

Benediktsson, wat besonder krities is teenoor die EU, sal 32 van die 63 setels in die parlement hê met die hulp van sy koalisievennote.

Ysland het in 2009 aansoek gedoen om ʼn lid te word van die EU. Die gesprekke met die EU het drie jaar gelede tot ʼn einde gekom. Opnames verlede jaar het getoon dat die meeste mense in Ysland teen die toetrede tot die EU is.

Benediktsson se naam is genoem in die Panama-dokumente en hy word verbind met miljoene se belastinggeld van Ysland wat in die buiteland versteek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jcwf ·

Die EU het reeds 28 lede en dit het eintlik te vinnig gegroei. Dié stelsel is vir 12-15 ontwerp en nooit regtig verbeter nie. (Die Britte het dit altyd teengehou; gelukkig gaan julle nou vertrek).

Bly gerus buite, Ysland, ons het genoeg probleme sonder jou. Die EU moet eers sy eie probleme oplos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.