Ysland verbied lugverkeer na uitbarsting naby vulkaan

Foto: Jarðvísindastofnun Háskólans/Facebook

Foto: Jarðvísindastofnun Háskólans/Facebook

Ysland het Sondag weer ‘n rooi waarskuwing uitgereik en alle lugverkeer naby sy grootste vulkaan verbied na ‘n nabygeleë uitbarsting.

Die waarskuwing verbied vlugte laer as 1,8km en binne ‘n radius van 18,5km van vulkaan Bardarbunga.

Dit is die derde waarskuwing die week nadat daar seismiese aktiwiteit naby Bardarbunga waargeneem is.

Die jongste uitbarsting het volgens die owerhede in dieselfde area as Vrydag voorgekom. Bardarbunga is Ysland se tweede hoogste piek.

‘n Reuse uitbarsting by Bardarbunga kan lei tot ‘n herhaling van die chaos in 2010 toe ‘n reuse aswolk oor Europa grootskaalse reisontwrigtings veroorsaak het.

Die uitbarsting van Eyjafjoell, ‘n kleiner vulkaan, het in April 2010 tot gevolg gehad dat meer as 8 miljoen passasiers gestrand was weens die grootste sluiting van die Europese lugruim sedert die Tweede Wêreldoorlog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.