Die waarskuwing verbied vlugte laer as 1,8km en binne ‘n radius van 18,5km van vulkaan Bardarbunga.
Dit is die derde waarskuwing die week nadat daar seismiese aktiwiteit naby Bardarbunga waargeneem is.
Die jongste uitbarsting het volgens die owerhede in dieselfde area as Vrydag voorgekom. Bardarbunga is Ysland se tweede hoogste piek.
‘n Reuse uitbarsting by Bardarbunga kan lei tot ‘n herhaling van die chaos in 2010 toe ‘n reuse aswolk oor Europa grootskaalse reisontwrigtings veroorsaak het.
Die uitbarsting van Eyjafjoell, ‘n kleiner vulkaan, het in April 2010 tot gevolg gehad dat meer as 8 miljoen passasiers gestrand was weens die grootste sluiting van die Europese lugruim sedert die Tweede Wêreldoorlog.