Yslike aardbewing tref kus van Vanuatu, Nieu-Kaledonië

Aardbewing aan die kus van Vanuatu en Nieu-Kaledonië (Grafika: USGS)

ʼn Aardbewing van 7.5 het die kus van Vanuatu en Nieu-Kaledonië getref, het die Amerikaanse Geological Survey (USGS) gesê. ʼn Tsoenami-waarskuwing vir omliggende lande is uitgereik.

Die aardbewing het Donderdag net ná middernag plaaslike tyd (1320 GMT) plaasgevind, omstreeks 415 km oos van Vao in Nieu-Kaledonië op ʼn diepte van 10 km, aldus die USGS.

Vanuatu en Nieu-Kaledonië is eilandnasies in die Stille Oseaan en Oseanië, oos van Australië en noord van Nieu-Seeland.

“Gevaarlike tsoenami-golwe van dié aardbewing is moontlik binne die volgende drie ure,” het die NWS Stille-Oseaan- tsoenami-waarskuwingsentrum gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.