Yslike bedrag betaal vir handgeskrewe ‘Hey Jude’-lirieke

The Beatles in aksie (Foto: Juliens Auctions/Twitter)

Die handgeskrewe lirieke vir The Beatles se treffer, “Hey Jude”, is vir $910 000 (sowat R16,4 miljoen) op ʼn veiling verkoop.

Paul McCartney het die lirieke in ʼn swart kokipen geskryf en dit gebruik toe die liedjie in 1968 in Londen se Trident Studios opgeneem is, het Julien’s Auctions in Beverly Hills Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Die sogenaamde “Beatlemania”-veiling by die afslaers gedenk die 50ste jaar ná die lede van die groep hul eie weg gegaan het.

ʼn Seldsame tromvel met The Beatles se logo daarop wat in 1964 tydens ʼn openingskonsert in San Francisco gebruik is, is vir $200 000 (ongeveer R3,6 miljoen) verkoop. Dit was die groep se eerste toer in Noord-Amerika.

ʼn Draaiboekbladsy vir die musiekvideo vir “Hello Goodbye” het meer as $83 000 (byna R1,5 miljoen) gehaal. Dit sluit notas en tekeninge in van die groep se lede John Lennon en George Harrison.

Hey Jude-lirieke (Foto: Juliens Auctions/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.