Yslike swaard dalk dié van Ivan die Verskriklike

Foto: Siberian Times

Foto: Siberian Times

‘n Meter lange swaard wat reeds in 1975 onder ʼn boom in Siberië uitgegrawe is, kon volgens ’n nuwe teorie aan die Russiese tsaar, Ivan die Verskriklike behoort het. Ivan het tussen 1530 en 1584 geleef.

Siberië is in die tyd van Ivan onder Russiese beheer geplaas. Hoewel Ivan self nie in Siberië aan gevegte deelgeneem het nie, is dit baie moeilik om enige ander logika te vind oor hoe so ’n kosbare swaard so diep in Siberië gevind is.

Wat wel duidelik is, is dat die swaard in sentraal-Europa, waarskynlik in die huidige Duitsland gemaak is, en toe na Swede geneem is om met ‘n silwer handvatsel toegerus te word. Daar is ook inskrywings in die Nordiese runeskrif van Latynse geestelike verse op die lem aangebring.

Een van die navorsers in Novosibirsk waar die swaard bewaar word, Vyacheslav Molodin, het nou ’n teorie ontwikkel dat Ivan die Verskriklike die swaard as geskenk kon gegee het aan die Kosakke-leier, Yermak Timofeyevich, wat gehuur was om Siberië namens Rusland te verower.

Die volledige verslag in The Siberian Times kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anet ·

Wow, dit is darem ‘n wonderlike interessante stukkie Geskiedenis hierdie, dankie Maroela dat jy dit met ons deel

Leeutjie ·

Ek het sowaar nie geweet dat Ivan die verskriklike bestaan nie. Wat ek wel weet ons het baie wat verwoesting saai in ons midde!!

Nico ·

Dit is interessant dat Rusland dus ook ‘n koloniale moondheid was. Maar Rusland word vandag nog toegelaat om sy kolonies te behou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.