Zambië se president sterf

President Michael Sata. Foto: zambiareports.com

President Michael Sata. Foto: zambiareports.com

Michael Sata, die president van Zambië, is in die ouderdom van 77 in Londen oorlede waar hy mediese behandeling ontvang het.

Roland Msiska, sekretaris van Zambië se kabinet, het Woensdag gesê dit is met ʼn swaar hart dat hulle die dood van land se geliefde president aankondig.

Daar is lank oor Sata se gesondheid bespiegel na verskeie berigte dat hy ernstig siek is. Hy is verlede maand vir die laaste keer in die openbaar gesien.

Ten spyte van herhaalde ontkennings van die regering dat die president siek was, het ontleders gesê dat ʼn magstryd reeds agter die skerms aan die gang was vir sy posisie.

Sata het verlede week Londen toe gevlieg vir behandeling. Hy het Edgar Lungu, minister van verdediging en justisie, voor sy vertrek as waarnemende president aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PR Mackay ·

Mooi foto . Hoekom dan in London ? Hulle het dan sulke goeie medici by die UTH in Lusaka

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.