Zanu PF wen weer Zimbabwe-verkiesing

Emmerson Mngangagwa, president van Zimbabwe.

Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC) het Vrydag in die vroeë oggendure bekend gemaak dat Emmerson Mnangagwa (75) van die Zanu PF die 2018 presidensiële verkiesing in Zimbabwe gewen het.

Mnangagwa, ʼn voormalige bondgenoot van voormalige pres. Robert Mugabe, het oorgeneem ná Mugabe bedank het.

Die verkiesingskommissie het laat Donderdagaand aanvanklik net nege provinsies se uitslae bekend gemaak met een provinsie se uitslae wat nog uitstaande was.

Nelson Chamisa van die MDC-alliansie het meer as 500 000 stemme in Harare ontvang.

Mnangagwa PF het egter die meeste stemme in ses van die nege provinsies wat teen Donderdagaand aangekondig is verwerf.

Priscilla Chigumba, voorsitter van die ZEC, het Vrydagoggend omstreeks 00:40 die laaste provinsie se resultate bekend gemaak en Zanu PF kon daarin slaag om die tiende provinsie ook te verower.

Intussen het die polisie in Zimbabwe bevestig dat ses mense dood is in gewelddadige protesoptogte tydens en na afloop van die verkiesing.

Charity Charamba, woordvoerder vir die Zimbabwiese polisie, het gesê die dodetal het tot ses gestyg aangesien drie van die slagoffers aan hul beserings beswyk het terwyl hulle mediese hulp gaan soek het.

“Altesaam 22 winkels is in Harare beskadig,” het Charamba gesê.

Honderde woedende ondersteuners van die MDC-alliansie het Woensdag na die verkiesingskommissie se kantoor in Harare opgeruk en geëis dat die uitslae van Maandag se verkiesing bekend gemaak word. Dit was die eerste verkiesing sedert die bedanking van Mugabe.

Die betogings het gevolg nadat die Verkiesingskommissie aangekondig het die Zanu-PF teen daardie tyd reeds die meerderheid setels in die parlement behaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jurie blanche ·

Dis hoe dit hier sal gaan, geknoeide verkiesings, zimbabwe sal nooit reg kom nie so ook sadec streek.

Cherokee ·

Na Zanu PF aan Rhodesië gedoen het wat hulle gedoen het, ondermeer die inflasiekoers 100’e% gemaak het en hulle ‘n armlastige land gemaak het, word hulle weer ingestem. Dit is Afrika.
‘n Land verdien sy regering. Dit geld vir Suid Afrika ook want vandag verbrand hulle die teerpad in boikotte en more stem hulle weer ANC. ‘n Land verdien sy regering.

People ·

Die Zimbabwiers moet nou maar VAT wat hule VERDIEN, die ZANU PF< hulle kon 'n verandering in Zim bring deur MDC te stem maar hulle wil WEER vir die onderdrukkers stem, so KRY VIR JULLE! Kom haal sommer die ZIMMERS hier in SA ook dit lyk asof hulle nou 'n blink toekoms sien onder die 'nuwe' Zanu PF .. asseblief ZIMMERS trek nou terug . THE PEOPLE HAVE SPOKEN.

Sarie ·

Daar kan net eenvoudig nie ‘n regverdige en vry verkiesing in Afrika gehou word nie. So het al ons verkiesings ook die afgelope 25 verloop en so sal volgende jaar se verkiesing ook weer hier by ons verloop

Hanna Hoekom ·

Daardie verkiesing was vir seker nie vry en regverdig nie. Maar nou ja, Zimbabwe moet maar vir hom kry! Kom haal sommer die miljoene ongewenstes wat ons land so leegtap. Of maak daardie grensposte VINNIG toe. Jul landgenote is nie meer welkom in SA nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.