Zika-virus bedreig dalk Olimpiese Spele

Aedes-muskiete word bestudeer Foto: Felipe Dana/Associated Press

Aedes-muskiete word bestudeer Foto: Felipe Dana/Associated Press

Navorsers probeer nou vasstel of die aanbied van die Olimpiese Spele vanjaar in Rio de Janeiro die gevaar inhou om die gevreesde Zika-virus na ander dele van die wêreld te versprei.

Dié virus is op die oomblik in die nuus omdat dit na bykans alle Amerikaanse lande, uitgesonderd Chili en Kanada, kan versprei.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het die siekte reeds na 27 lande versprei. Die virus is in Noord- en Suid-Amerika, en sommige Europese lande soos Swede en Denemarke, aangeteken. Duitsland het ook die afgelope vier maande vyf “ingevoerde” gevalle van die Zika-virus bevestig.

Die Zika-virus, wat deur muskiete versprei word, hou nie ernstige gevaar vir siek volwassenes in nie, maar swanger vroue kan geboorte skenk aan babas met ernstige breinskade (mikrokefalie). Soms sterf die babas. In Brasilië was reeds ’n skerp toename in geboortes met breinskade wat op sowat 4 000 geraam word, en El Salvador het vroue aangeraai om nie voor 2018 swanger te raak nie. Die VSA het swanger vroue aangeraai om reise na geaffekteerde lande af te stel.

Ook Suid-Afrika kan geraak word. Die Instituut vir Oordraagbare Siektes het swanger vroue gemaan om nie na Brasilië te reis nie. Dit lyk egter nie of die algemene Aedes aegypti-muskiet in Suid-Afrika ’n draer sal wees nie, omdat dit te veel verskil van die muskiet wat nou met die verspreiding daarvan in Suid-Amerika geassosieer word.

Intussen probeer Brasilië vasstel of die algemene muskiet in dié land ook die virus kan oordra. Tot dusver is gemeen dat dit net deur ‘n skaars soort muskiet oorgedra word, maar die siekte versprei te vinnig daarvoor.

Die WHO sê die voorkoms is besig om te “ontplof” en meen later vanjaar kan die gevalle wêreldwyd tot tussen drie en vier miljoen styg.

Die WHO het ʼn noodvergadering vir Maandag belê om te bepaal of ʼn wêreldwye noodgesondheidstoestand aangekondig moet word.

Amerikaanse navorsers het in die VSA se mediese joernaal geskryf dat ’n teenmiddel oor twee jaar klaar kan wees, maar dat dit tot ’n dekade kan neem om gereed te wees vir gebruik. Op die oomblik is daar geen geneesmiddel nie, en die mediese tak van die Universiteit van Texas lei die poging om een te vind.

In ’n afsonderlike aksie probeer wetenskaplikes geneties gemanipuleerde muskiete te teel wat sal voorkom dat die virus verder versprei.

Die Olimpiese Spele vind van 5 tot 21 Augustus plaas en ’n halfmiljoen besoekers word verwag. Dit is egter dan winter in Rio en die aantal muggies en muskiete dan veel minder.

Die virus is die eerste keer in 1947 in die rhesus-aap in Uganda ontdek. In 1954 is die eerste voorval by ’n mens in Nigerië aangeteken. Eers in 2007 het dit na ’n probleem begin lyk. Dit muteer nou vinnig.

Lees ook: Short answers to hard questions about the Zika virus

Lees meer: Trouw , Christian Science Monitor, TheTelegraph, BBC News, The Washington PostYahoo News,  The Telegraph2, EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grassie ·

Die vigs-virus het ook by ape in Afrika begin, toe ‘n mutasieproses ondergaan sodat dit mense kan besmet. Ek wonder hoeveel peste lê nog en wag in Afrika vir hul beurt om die res van die wêreld te besmet. En die moontlike draers daarvan stroom ongehinderd oor ons landsgrense.

VerVanRyn ·

Waarom WHO vir die organisasie? As die moeite gedoen kan word om die organisasie se naam te vertaal, waarom word dit nie oo vertaal nie?

DPJ ·

Nommer 1 die virus kom nie uit Afrika nie. Afrika kan nie ver alles blameer word nie. Lees gerus die berug mooi deur. Dit mag wel na Arika versprei!

Loon ·

No 1, ek het ook mooi na die berig gekyk en ek lees ook dat dit in Afrika begin het in Uganda….dalk is Uganda seker nie in Afrika nie????
DPJ gaan lees weer!

John ·

Miskien moet ons nie graan uit die Amerikas invoer nie, eerder uit Rusland. Die muskiete kan dalk saam reis met erge gevolge. Dit kan ook in verpakkings en in reisigersbagasie die land binnekom. Ons regering moet asseblief nie die probleem onderskat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.